top of page

Bietjie oor my

Vir baie lank het my lewe nie regtig rigting gehad nie.

'n Gekompliseerde kindertyd, verkeerde keuses en dan die ongelukkige gevolge daarvan, het my gevange gehou. Tot daardie dag dat die Here Sy kind uit die modder opgetel en haar voete stewig op Vaste Rots laat land het. Psalm 40 bly tot vandag toe 'n groot favourite!

Dit het my baie jare geneem om uit te kom by dit wat Hy nog altyd vir my lewe bedoel het.  Maar nou is ek hier.

En ek glo in God Drie-Enig, in die maagdelike geboorte, in Jesus aan 'n kruis, maar meer nog - aan die opgestane Jesus in my eie lewe. Ek glo dat Hy ons weer gaan kom haal en dat ek tot dan die Heilige Gees het wat my lei en my denke help vernuwe.

In 2009 behaal ek my B.Th graad in teologie en sedertdien preek ek, praat ek en deel ek net waar ek genooi word.  

Ek en my eerste liefde en ons langhaar-vierbeen meisiekind het die lang trek noorde toe aangepak en bly tans in Engeland. Selfs hier getuig ons gereeld:  Die Here is nie net goed vir ons nie, Hy bederf vir ons!

 

Jy is welkom om my te kontak op Whatsapp +27 82 467 5910 of by

genadeisndaglank@yahoo.com

bottom of page