top of page

Boeke 

In 2013 is my ma gediagnoseer met endometriale kanker. Ons het haar nog dieselfde jaar begrawe. Dis jammer dat juis dít die spreekwoordelike skop onder my jis moes wees om te begin skryf – ek dreig al jare en Ma Stella het altyd gesê ek moet ’n boek skryf.

 

Hierdie was egter nooit bedoel om ’n groot literêre werk te wees nie. Dit is bloot ’n versameling boodskappe wat ek bevoorreg was om deur die jare met mense te kon deel – boodskappe van hoop.  Vir elkeen wat al deur terminale of chroniese siekte geraak is:  kanker, infertiliteit, PXE of fibromialgie.

 

Sien dit dus asseblief in die lig daarvan: Eerlik, sonder groot woorde en soms met ’n meer-as-aanvaarbare-skootjie Ingels ingegooi. Want dis hoe ek is. 

 

Mag jy deur GENADE IS 'N DAG LANK oorweldigende salwing op ’n skynbaar oneindige dagreis ontvang en mag jy vol hoop hierdie woorde in jou hart bêre.

Genade-Cover-Kindle.jpg
Grace-Cover-Kindle.jpg
bottom of page