top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Ander mense se glo

Updated: Feb 4, 2023




“Love means following His commandments, and His unifying commandment

is that you conduct your lives in love. This is the first thing you heard,

and nothing has changed.”

2 John 1:6 The Message


Nog ‘n naweek, nog ‘n vreemde hotelkamer. Die melankolie dreig om uit die kas te boender en ek gaan soek doelbewus na mooi goed uit my week om ‘n tranedal te keer.


Daar was hierdie een dag. Dit was nie ‘n goeie dag nie, ook nie ‘n slegte een nie. Dit was net nog ‘n dag. Totdat ek my draai bietjie wyd vat by Tesco en so ‘n mooi swart Golfie se modderskerm ‘n stukkie komplimenterende kleur gee.


Op daardie dag, daardie gewone dag, het ek toe nou mos ‘n keuse. Dit was nie ‘n vleiswond nie, net ‘n paar skrapies. Die eienaar sou dit tien-teen-een nie eers opgetel het nie. Ek kon dit daar gelos het.


Maar jare gelede al het ek die Here so half ‘n deal gemaak: As ek altyd die waarheid praat, sal U asseblief gee dat die straf nie te erg is nie?


En weer, soos elke ander keer, kom Hy deur.


Loop vra skaam-skaam vir die tannie agter die winkelmike om asseblief die eienaar van so-en-so se kar nader te roep. Wag so ‘n rukkie, toe kom ‘n vrou seker so 10 jaar my senior, met ‘n vol waentjie aangestap – haar gesig eintlik maar niksseggend.


Ek sê onmiddellik ek is jammer en dit was alles my skuld en sy moet asseblief saam met my loop kyk na die skade. Haar reaksie? Nie wat ek verwag het nie.


Sy het so vinnig gekyk en toe ‘n oog na my kar toe gegooi en gevra of ek gesien het ek het ook skade? In my paniek het ek nie eers daaraan gedink nie.


Ruil nommers uit en neem foto’s, maar sy verseker my sy sal dit nie verder neem nie – dit is regtig nie so erg nie.


Dit was toe ‘n goeie dag. My en die Here se deal staan nog.


Later die aand stuur ek net weer ‘n dankie dat sy so dierbaar was oor die hele ding, kom haar antwoord: “…my faith in human nature has been restored.”


En my hart vou dwars. Hoe humbling as jy besef dit het toe nie oor jou gegaan nie.


Dalk het ek nie nog ‘n les in waarheidpraat nodig gehad nie.

Dalk het daardie vrou nodig gehad om weer te glo.



Jou inspirasie vir die week: Profet



Hier is die Afrikaanse lirieke van hierdie Roemeense lied:


PROFEET

Sal ek geheim hou vir my dienaars?

My plan? Regtig?

Sal ek geheim hou vir my dienaars?

My plan?


Gedagtes van vrede en vreugde

My gedagtes

Hulle is ook goed vir jou


KOOR

Hier wil ek hê jy moet doen

'n Profeet op 'n droë plek

Vreesloos, leef

En om die lewe te verklaar aan die wat dit nie het nie


BRUG

Ek, ek het jou gekies

Uit die vallei met bene

Ek het jou opgetel

Ek het jou 'n naam gegee

ek het jou gevind

Ek sal hulle pa wees

Haar dogters en seuns


bottom of page