“Oh! May the God of green hope fill you up with joy, fill you up with peace,
so that your believing lives,
filled with the life-giving energy of the Holy Spirit,
will brim over with hope!”
Romans 15:13 The Message
Hoop wat groen is, is lewendig.
Dit dra erdeskottels vol bottels en bottels kerrieboontjiebeloftes.
Groen is die kleur wat ‘n boer se hart laat opstaan en klop-klop aan môre se deur.
Groen gras moet gesny word om baldadig deur klein en groot geniet te word.
Groen gras wat te lank gelos word, begin geel word van onder af, want die son en die lig en die water wat die wortels nodig het, verloor hulle toegang.
Dan vang jou neus die reuk van varsgesnyde, groen, somersgras en dit word ‘n warm hand op jou skouerblad en jy weet alles sal okay wees.
Ten spyte van.
Hoop kán geen ander kleur wees nie.
Want hoop hou nooit op groei nie.
Hoop is lewendig,
hoop is uitbundig en hol rond soos ‘n peuter op ‘n ouma-se-skuld sugar high,
vol lewenskrag,
onmoontlik om aan die slaap te sus.
Die God wat hierdie tipe hoop gemaak het, het geweet wat Hy doen.
Hy het geweet dat ons vaalwit, Vrystaatse wintersdae ‘n belofte moes hê om ons wankelrige, leë geloofskruike terug te bring na Hom toe, elke keer.
En toe maak Hy somersdae vol groen.
En dis Hoopgroen wat Hy gebruik.
Selfs al lyk alles donkerbruin om jou soos jy voel hoe jou beste self sink,
is hierdie groen gebore in die hart van God
wat met geen las of pyn verdun kan word nie.
Helderste Hoopgroen.
En dis híérdie God
van híérdie groen
wat vir jou vrede bring.
Sodat jou asemhaal
‘n nuwe ritme kry
- 4 tellings in en
- 7 tellings uit
Die teken van volmaaktheid.
Die teken van volledigheid.
Vol angs en spanning en té véél…
Volledig leeggemaak
geloofskruik volgemaak
met Veilige Gees se
Hoopgroen
(haal-maar-asem)
asem.
Tot oorlopens toe vol
met
groen
Hoop.
Jou inspirasie vir die week: What heaven can’t
Comments