top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Ek het gewag...

Updated: Sep 4, 2023


Onse Matthew-dominee is terug van sy sabbatsreis en kom deel vanoggend ‘n stukkie en ‘n klompie prentjies daarvan met ons.


Een van sy mees waardevolle ervarings was sy staptog in die Perineë berge, al op die grens langs tussen Spanje en Frankryk. Al langs die riviere helder groen, wye grasvlaktes opgerank teen klipstapelsberge amper tot by die hemel. Hier sou hy ‘n vir dae lank dalk geen menslike invloed sien nie, nog minder ‘n mens.


Behalwe hierdie: Groot, goed geïllustreerde inligtingsborde wat onbewuste pelgrims soos hyself sou waarsku dat die honde wat die skape in daardie omgewing beskerm, gevaarlik mag wees.


Hulle is opgelei om die skape teen alle koste teen alle gevaar te beskerm.

Ook teen onbewuste pelgrims.


Soos die Here dit wou hê, kom Matthew toe ook eendag so ‘n trop skape teë. Vooraan was die herder, in tipiese Bybelse styl, besig om die skape te lei met sy getroue, reusagtige en onverskrokke Perineëse berghond by hom.


En agter die skape, ‘n klompie skaaphonde, besig om te doen wat skaaphonde doen – besig om die skape bymekaar en op die regte pad te hou.


En Matthew hoor die Here sê: “To protect and direct.”


Wanneer Lasarus se twee sussies vir Jesus laat weet dat hy op sterwe lê en steeds nie planne het om soontoe te kom nie, kon dit vir hulle dalk moeilik wees om aan Hom te dink as Een wat “protect and direct.”


Soveel vrae.

Geen antwoorde nie.


En tog…


“Lord,” Martha said to Jesus, “if you had been here, my brother would not have died.

But I know that even now God will give you whatever you ask.”

John 11:22 The Message


Even now.


Ek het gewag en niks het gebeur nie.

Ek het gewag en die ergste het gebeur.

Ek het gewag…


Maar Jesus protect en direct ons ook as die fisiese, sienlike realm dit nie reflekteer nie.

Jesus protect

ons van gevare waarvan ons nie eers bewus is nie.

Jesus direct

ons paaie langs die plekke waar ons geloof getoets kan word en Sy glorie bewys kan word.


Even now

kan jy dit glo.


Hier waar jy veg vir jou huwelik.

Hier waar jy veg vir die siel van jou kind.

Hier waar jy veg vir sober oomblikke.

Hier waar jy veg teen die taai, marmite-skaduwee van ‘n swart hond wat jy net nie kan afskud nie.

Hier waar jy veg vir nog léwe.


Hierdie is my aandsang dan:


Even now…

I believe

that You

protect

and

direct.



Jou inspirasie vir die week: I believe



bottom of page