top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Geroep, gegee, gestuur



“Jesus called together His twelve apostles and

gave them complete power over all demons and diseases.

Then He sent them to tell about God's kingdom and to heal the sick.”

Luke 9:1 CEV


Jesus het Sy dissipels die eerste keer geroep toe hulle nog voor ‘n klas gestaan het,

die angs van ‘n eerste-keer-bestuursles deurleef het,

die petty cash gedoen het,

die lande geploeg en geplant het.


Jesus het sommiges geroep terwyl hulle nog moeilike en ontevrede kliënte behulpsaam moes wees,

die soveelste bedpan moes ruil,

die soveelste nagskof moes begin,

die soveelste pothole moes toemaak.


Sien, die wat geroep is was nie uitermate spesiaal nie.

Die Een wat hulle geroep het was wel.


En dít haal die druk af.


Want Hy roep hulle nie en los hulle aan hulle eie genade oorgelaat nie,

Hy gee hulle Sy genade.

En Sy genade is een van krag.


Hy gee hulle krag om te probeer en

die krag om weg te stap as probeer nie meer werk nie.

Hy gee hulle die krag om in Sy Naam duiwels uit te dryf en siekes te genees en

Hy gee hulle die krag om te gaan vertel.

Hy gee hulle die moed om anders te wees.

Hy gee hulle die wysheid om lig te wees met die wet en swaar met die liefde, wanneer nodig.


En dan stuur Hy hulle.


“We may fail frequently to realize our own intention;

we may strive upwards and Godwards

with many a stumble on our way;

but if there be an honest

and earnest effort towards

the good and the true,

animated and inspired by

the fear and the love of God,

then Christ acknowledges us as His,

we are citizens of His kingdom.”


Soms is dit eers wanneer ons wegstap van ‘n situasie dat ons besef wat ons rol daarin was.


En soms, net soms, bederf Hy ons met die klinkklare wete dat jy weet dat jy wéét:

Ek is geroep,

ek is so baie gegee, en

ek is gestuur -

vir ‘n tyd soos hierdie.



Jou inspirasie vir die week: You’ve already won



Comments


bottom of page