top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Help skryf 'n storie




Daar is ‘n meme wat nou al jare die rondte doen:

 

“Satan knows your name, but calls you by your sin.

Jesus knows your sin, but calls you by your name.”

 

Sien, niemand is nog ooit gered deur hulle te vertel wat hulle is nie.

Maar deur met mense te deel wat hulle kán wees,

dít bring hoop.

 

En dit is hoop wat mense van die vroegste tye af gereed maak vir die goeie nuus van Jesus se verlossing.

 

In Handelinge 10 lees ons dat die mense van Damaskus maar sku was vir die “nuwe” Saulus.

 

Sou dit dan nie die man wees wat soveel wreedheid gebring het onder die gelowiges in Jerusalem nie?

Sy optrede het duidelik gewys wie hy is.

 

Maar Barnabas neem hom onder sy vlerke, stel hom voor aan die apostels, vertel hulle van Saulus se ontmoeting met die Lewende Here op die pad na Damaskus en hoedat hy reeds hard aan die werk was om die goeie nuus te versprei.

 

Hy laat hulle dink dat hierdie storie ‘n ander einde kan hê.

Hy sien reeds dit wat Saulus kan wees en ek wil glo dat dít Saulus se geloof daarin soveel te meer gevestig het.

 

“After that, he was accepted as one of them…”

vers 28

 

“When his friends learned of the plot (to murder him), they got him out of town…”

vers 30

 

Vriende wat mens oor die jare mee saamloop is wonderlik.  Hulle ken jou al lank en glo dat hulle jou ten volle ken.

 

Maar vriende wat die groei in jou eer, maak nie saak hoe kort jy hulle ken nie, is ‘n wonderlike pyl in jou arsenaal teen die aanvalle van die bose.  Dit is húlle wat die gevaar van elke dag saam met jou trotseer en saam planne beraam om jou aan die ander kant van hierdie donker skaduwee te kry.

 

As ek jou kan herinner aan die plan wat die Here vir jou het, dit wat Hy weet jy kan wees en oor en oor oor jou sê wanneer jy

te moeg of

te besig of

te kwaad of

te twyfelagtig of

te bang is om self te onthou,

dan help ek skryf aan Sy storie vir jou lewe.

 

Mag ék nooit

te moeg of

te besig of

te kwaad of

te alleen of

te twyfelagtig of

te bang wees om jou te herinner nie.



"Remember Your word to Your servant, for You have given me hope."

Psalm 119:49 NIV

 

 

Jou inspirasie vir die week:  Don’t stop praying


bottom of page