top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Stuck in the middle


Sonder om in ‘n woordgeveg betrokke te raak oor die praktyke van hedendaagse sirkusse, kan ek met die nostalgie van ‘n kind onthou hoedat Boswell Wilkie elke jaar of so langs die rugbyveld bo in ons dorpie hulle sirkustent kom opslaan het.


Elkeen met ‘n wiel of ‘n voet sou ‘n punt daarvan maak om deur die dag daar ‘n draai te gaan maak – so iets gebeur nie elke dag op die platteland nie! As jy dan nou nie die vertoning kon bekostig nie, kon jy dalk net ‘n olifant sien wei tussen die bloekombome langs die verybypad oppad Philippolis toe.


Dan, wanneer die son sak, begin die magic!

Apies wat oopbek glimlaggies uitdeel terwyl hulle die nar se hoed van sy kop af steel, die akrobate wat met hulle balanseervernuf die skare na hulle asems laat snak, en natuurlik die kulkunstenaar wat sy beeldskone assistant in twee deel.


Ek kan nie onthou hoe oud ek was toe ek besef het die hele in-twee-delery kan ontmoontlik die waarheid wees. Dat dit bloot die oëverblindery was van ‘n baie bedrewe, maar gewone, mens.


Toe ek eers besef daar is ‘n voor- en ‘n na-storie aan die paar minute in die sirkusring, het daardie paar honderd sekondes hulle houvas op my vreesagtige kleuterhart verloor.


Op dieselfde manier, terwyl ons nog kleuters in die geloof is, kry die vyand dit reg om steeds met ons emosies te toor. Hy wil ons laat glo dat dit wat ons hier en nou sien en beleef, ál is wat daar is om te sien en te beleef. So hoop hy om ons gevange te hou in ‘n staat van vrees en ongeloof.


Maar hy is ‘n lieger.

Daar is áltyd ‘n voor- en ‘n na-storie hierdie kant van die hemel.


Ons lees in Mattheus iets wat my hieraan herinner:


“When He got into the boat, His disciples followed Him. And suddenly a violent storm arose on the sea, so that the boat was being covered by the waves…”

Matthew 8:23 AMP


Net vyf verse later lees ons:


“When He arrived at the other side…”

Matthew 8:28 AMP


Terwyl ons nog val en opstaan in ons geloof se kinderskoene, kry die knaap dit gereeld reg om ons te laat verstaan dat die storm al is wat daar is. Hy maak ons doof vir die goeie nuus uit die verlede en blind vir die hoopvolle toekoms wat die Here vir ons beplan.


In sulke tye, kan vyf verse voel of dit nooit sal einde kry nie.

Kan ‘n mens jou so blindstaar aan die storm dat jy vergeet Jesus is in die boot.


Ongeag hoe dit vóél, die waarheid bly staan: Jesus het, saam met Sy dissipels, aan die ander kant uitgekom.


Wees ‘n rebel en lees volgende keer ‘n paar verse vóór en ná jou dagstukkie se uitgesoekte gedeelte. Net dalk vind jy daarin iets wat jou die kulkunstenaar se toertjies kan laat blootlê…



Jou inspirasie vir die week: Light & momentary



bottom of page