top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Veilig van myself



“And lead us not into temptation,

but deliver us from the evil one.”

Matthew 6:13 NIV

 

Een ding van na ‘n ander dorp toe trek, is die gesoek na “dit wat jy gehad het.”  Die gerieflikste brood-en-melk hoekwinkel, die beste pub vir ‘n bord slap chips na werk op ‘n Vrydagaand, en natuurlik… ‘n naelplek en ‘n hairdresser.

 

My naelvroutjie in Newbury was ‘n ster.

En toe trek ons Poole toe. 

 

Rondsoek en uitsnuffel volg, maar uiteindelik vind ek ‘n Viëtnamese plekkie wat altyd die mooiste, romantiese, Viëtnamese ballades op Youtube speel en waar die drie manne en een vroutjie wat daar werk, stil en saggeaarde geeste is. Perfek.

 

Nou vir die hairs.

 

Eers ‘n jaar na ons trek Poole toe, en een of twee total disasters later, vind ek ‘n salon op Facebook wat belowend lyk.

 

Dit was ‘n koelerige Oktoberoggend toe ek in ‘n systraat parkeer en afstap soontoe.  Oppad vang my oog egter die groot, bruin baksteen gebou wat net so skuins agter ‘n digte ry bome uitloer aan die oorkant van die besige dwarsstraat. 

 

Die gebou self is net ‘n paar blokke aanmekaar gelas met zigzag trappe van die straat af voordeur toe, die skamerige naambordjie half weggesteek agter die busstop huisie: “Probation Office.”

 

Ek sien iemand met die trappe oploop en die voordeur oopstoot en my gedagtes loop.

“Wat sou jou storie wees,” wonder ek.

 

Want ons almal hét een.

 

Hierdie twee reëls van die Onse Vader het my al baie laat wonder en oplees. 

En ek wonder…

 

‘n Versoeking is net ‘n versoeking wanneer dit steeds ‘n houvas op my het, nie waar nie?

As dit sy houvas op my verloor het, is dit maar net nog ‘n deel van my dag-tot-dag bestaan.

 

Maar hoe sal ek weet dat dit sy houvas op my verloor het?

Wanneer ek dit vierkantig in die oë kan kyk en sê: “Not today, Satan.”

 

Nou sien ek hierdie twee lyntjies in die ou-ou gebed in ‘n nuwe lig.

 

Die versoeking sal kom, en bl‎‎y kom, totdat dit nie meer ‘n versoeking is nie.

En dít is waarvoor ek Hom vra: Om my te help om my versoeking te oorkom, deur die krag in die bloed van Jesus, totdat dit nie meer nodig is om my herhaaldelik na die versoeking toe te lei nie.

 

Maak dit sin?

 

Ongelukkig is ons mense, en as die een versoeking ‘n doodskoot gegee is, sal daar wel ‘n ander een in die flanke wag.

 

Dit is hoekom hierdie ‘n handige, daaglikse gebed is.

Want versoekinge verander.

 

Hoor net hoe mooi vertel The Message vertaling dit:

 

“Keep us safe from ourselves and the Devil.”

The Message

 

Die man wat daardie dag by die Probation Office ingestap het…

Ek wil glo dat hy die versoeking wat hom daar laat beland het, nek omgedraai het.

Al betaal hy dalk nog die prys.

 

Ek wil glo dat hy êrens sal ontdek dat hy Hulp het.

Hy hoef nie sy demons, en sy volgende versoeking, self aan te durf nie.

 

Daar is Een wat hom veilig wil hou van homself.

 

 

 

Jou inspirasie vir die week:  He sees you


bottom of page