top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

When the going gets tough



Woman climbing up or down an altar

Ek moet so in my stilligheid my kop laat sak as ek dink aan sommige van die goed wat die Here oor my sê wat ek soms nie wil hê dat Hy oor my sê nie.

 

As Hy sê ek is ‘n vredemaker…

terwyl my gekrenkte self dreig om deur die wankelende walle van my selfbeheersing te bars.

 

As Hy sê Hy het genoeg geduld om die laaste mens ‘n keuse te gee om Hom te kies…

maar my geduld nie kan tred hou met Sy droom vir my naaste nie.

 

Dan is daar die ding van ‘n Lewende Offer wees…

Eish.

 

Dalk sou dit baie makliker gewees het om eers dood te wees.

DL Moody het verstaan:

 

“The problem with a living sacrifice is that it keeps crawling off the altar.”

 

En ons doen dit so gereeld.

 

Nes die offer té onbekend of té groot of té moeilik of té vernederend of té íéts lyk, dan wil my onvolwasse geloofself teen middernag van die altaar af, nes ‘n 2-jarige uit haar kot.

 

Op die altaar is ons veilig.

Nie gevrywaar van aardse pyn nie, maar binne die grense van Sy plan vir ons.

 

As ek besluit om af te klim, loop speel ek in leeuwêreld waar weerlose Christene vinnig-vinnig ‘n vroeë brêkvis word.

 

En ons doen dit gereeld. In ons geloof en in die lewe.

When the going gets tough, the tough wants to get going.

Weg.  Ver weg.

 

Dit beteken nie ons probeer nie. 

Ons probeer hou by ons stiltetye en bid en Bybellees en na die groepies toe gaan waar ons nie noodwendig wil wees nie.

Ons probeer vergewe, al lyk hulle nie eers jammer nie.

Ons probeer lief hê, al is dit soos om ‘n ystervark te probeer druk.

 

En wanneer dit te moeilik word,

dan wil ek af.

 

Dankie tog dat daar nêrens staan dat Lewende Offers ook Perfekte Offers is nie.

 

Daar was net Een.

 

En soos wat ons groei in ons geloof deur ons oog op die Een te hou, raak die pad terug na die altaar toe al hoe meer bekend, al hoe minder vreemd en angswekkend.

Die Gees lei ons terug.

 

En ons gaan, nie omdat Hy belowe dat dinge op die altaar nou makliker sal wees nie.

Maar omdat ons weet dat Hy vir ons daar wag, ten spyte van die tydelike dimensie wat ons laat vergeet het van ‘n liefdevolle Vader wat waak hou oor Sy altaar.

En dit wat daarop is.

 

Om ‘n Lewende Offer te wees beteken ek kan kies om af te klim.

Om ‘n Lewende Offer te wees, beteken ek kan kies om terug te klim.

Elke dag.

 

“So here’s what I want you to do, God helping you:

Take your everyday, ordinary life—your sleeping, eating, going-to-work,

and walking-around life—and place it before God as an offering.

 Embracing what God does for you is the best thing you can do for Him.”

Romans 12:1 The Message

 

 

Jou inspirasie vir die week:  Good morning, Mercy


bottom of page