top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Waarheen môre my ookal heen mag vat


In my 47 jaar het ek al ‘n paar joppies gehad – en daar draai my pa in sy graf om.  Want ‘n lang loopbaan by die staatsdiens met ‘n versekerde pensioen was die omtrek van sy verwysingsraamwerk en ‘n beproefde resep vir generasies lank.

 

Ek verstaan.

Al is dit nie hoe dit deesdae meer is nie.

 

Maar terug na my punt toe.  Daardie baie verskillende joppies het almal een ding in gemeen:  Voordat ek die eerste dag my voete vir die eerste keer oor daardie nuwe kantoor se drumpel sit, het ek ‘n redelike duidelike riglyn gehad van wat van my verwag sou word, hoe my roetine sou lyk dag vir dag, of week vir week ten minste, en hoe ek daarop beoordeel sou word.

 

Onse vriend Paulus?  Not so lucky.

 

“Then I said, ‘What do I do now,  Master?’

“He said, ‘Get to your feet and enter Damascus.

There you’ll be told everything that’s been set out for you to do.’ “

Acts 22:10 The Message

 

Onthou: Hierdie was sy nuwe beroep.  Van “slagter van Christene” sou hy nou ‘n… WAT wees…?

 

Hy het nie geweet nie.  ‘n Mens sou dink dat hy sou vra vir ‘n duidelike uiteensetting van sy pligte en wat van hom verwag sou word.

 

Maar dan lees ons net in die volgende sinnetjie:

 

“And so we entered Damascus.”

Acts 22:11 The Message

 

Al wat hy geweet het, is dat die Een wat hom hier op sy knieë gebring het, die Een was wat hy sou volg waar Hy hom ookal heen sou lei.  Vooraf-bespreekte-pligstaat of nie.

 

Dat een mens so radikaal van rigting kan verander in sy sienings van die wêreld rondom hom, is opsigself ‘n wonderwerk. Dat dieselfde mens dit kan doen sonder om een vraag te vra, laat my stom.  Want dit was beslis nie die Paulus was ons vroeër in Handelinge leer ken het nie!

 

Wat my laat smag na my eie wonderwerk.

Waar ek nie noodwendig al die antwoorde hoef te hê nie.

Waar ek opstaan en die stof afskud wat hulle lêplek nou al so gemaklik in die voue van my bidkleed kom maak het.

Waar ek my gesig was en my kop lig en met Sy belofte uitstap.

Binne-in môre in.

 

Waarheen môre my ookal heen mag vat.

 

 

 

Jou inspirasie vir die week:  Quiet


bottom of page