Vir ons wat nou hier in die Koningin se land bly, is daar seker geen groter voorreg as dat jy ‘n persoonlike uitnodiging na ‘n funksie by Buckingham Paleis kry nie. Behalwe, miskien, as daar op die uitnodiging staan: “Liewe Vriendin, Hiermee word jy vriendelik uitgenooi…”
Nie dat ons vreeslik opgetrek is met die koninklikes nie, want, o wee – hulle is ook maar net mense. Maar ek kan my tog die opwinding voorstel!
Ek het so ‘n behoefte vanaand om vir iemand te sê: “Jy maak saak. Jou lewe maak saak. Die Here sien jou nie net raak nie – Hy noem jou Sy kind.”
“Think how much the Father loves us.
He loves us so much that He lets us be called His children, as we truly are.
But since the people of this world did not know who Christ is, they don't know who we are.
My dear friends, we are already God's children, though what we will be hasn't yet been seen.
But we do know when Christ returns, we will be like Him, because we will see Him as He truly is.
This hope makes us keep ourselves holy, just as Christ is holy.”
1 John 3:1 CEV
Die Koning noem my Sy kind en gee toestemming dat ek so genoem mag word. Vanaf daardie dag dat ek my ou lewe agtergelaat het en Sy nuwe koninkryk binnegeloop het, was dit so.
Met al my foute en mislukkings, met al my geskiedenis van opstaan en val, is dit die een ding wat ‘n konstante bly in my lewe. Dit sal nooit verander nie.
Ek is nie ‘n pleegkind wat dalk te moeilik is om te hanteer en dan weer terug in die stelsel gestoot word nie.
Ek is ook nie ‘n slaaf nie. Geen slaaf is ooit met bloed gekoop nie.
Maar om ‘n kind van die Koning te wees kom met verantwoordelikheid – vra maar vir Prins Andrew.
“It has been said that the most terrible part of the road to heaven is that which the sinner goes over 3 times:
Once in his first following of Christ,
next when he by sin goes back that way, and
the third time when in bitter repentance he travels over it again.”
Vir elke keer dat ek nie weet hoe ‘n kind van die Koning behoort te leef nie, is daar ‘n antwoord êrens in die Bybel.
Dalk nie woord-vir-woord op my situasie geskoei nie, maar duidelik genoeg dat die Gees ín my die toue bymekaar sal kan trek.
Jip – dit is seker wonderlik om te kan sê jou vriendin, Lizzie, het jou Paleis toe genooi vir koek & tee.
Maar dink net hoeveel wonderliker as jy uit die skare kan hoor: “Dáár loop ‘n kind van die Koning!”
My pa, die Koning, is ‘n goeie koning en ek wil hê die wêreld moet dit weet.
In die mees onsekere tye, in verwarring en chaos en ongeloof, wil ek hê mense moet weet.
As mense na mý kyk, kan hulle dit nie altyd sien nie.
Maar terwyl ek asem het, gee die Koning my nog ‘n kans om dit reg te stel: As dit nie met die trappe boontoe is nie, dan met die harde val aarde toe.
Hoeveel asem het ek nog oor?
Aardbewings by Afrika…
Hoeveel asem het ek nog oor?
Jou temalied vir die week: More than enough
Comments