Seer, fisiese lyfseer, is die soort seer waaroor mense nie baie praat nie. Op ‘n manier is dit waardiger om jou hart se seer te deel as die pyn in jou heup of jou borsbeen of jou hand. Hoekom is dit so?
Hier in die UK werk ek met perde. Wel, eintlik met mense wat met perde werk. Ekself is eintlik maar ‘n leek. Maar ek leer baie. Onder andere het ek al geleer dat perde ‘n geweldige hoë pyndrumpel het. Dit blyk terug te gaan na die dae van wild op die oop vlaktes leef, waar hulle hulself moes beskerm teen jagdiere. Daar was geen plek vir swakheid wys nie. Sou jy dit durf waag, het daar van jou net kaal bene oorgebly.
En daardie ingebore instink leef blykbaar vandag nog in dieselfde perde wat in pragtige stalle gebore word, omring deur mense wat vir hulle lief is, en wat nooit verder as ‘n harde roep van hulle naaste Twee-been sal wees nie. Wat dit baie moeilik maak vir hulle Twee-bene om te weet wanneer daar fout is. Want hulle wys dit nie.
Hoekom is ons so bang vir weerloos wees? Te wys wanneer ons deur pyn gaan, fisiese pyn?
Dalk ook ‘n terugblik na ‘n tyd die kant van Eden toe oorlewing ‘n geweldadige stryd was tussen die sterkste partye?
Of is dit omdat ons fisiese pyn so maklik afgemaak word as… aansit, aandag soek, oordrewe?
Wie het jou so seer gemaak dat jy besluit het om jou seerste seer vir jouself te hou?
Vanoggend lees ek van Top Billing aanbieder Tumisho Masha wat so openlik sy geloof in die Lewende God verdedig. Nuuskierig moes ek toe op sy Facebook muur gaan loer. Daar kom ‘n mens gewoonlik vinnig agter in watter lig so ‘n uitlating gelees moet word.
Mnr. Masha is duidelik nie ‘n Facebook-mens nie, vind ek uit, maar ek vind wel hierdie:
“To the pregnant 🐣women on social media posting constant updates and belly pictures...
I love seeing how excited you are to become a mommy.❤
To the person who posts their whereabouts, new gadgets💻, thanks for showing how blessed you are.
This will set as a reminder for us to work and strive to achieve our goals.👍🏼
To the 👧💁women posting selfies...
thanks for letting young girls know that it's okay to love yourself and to feel beautiful!💜
To the mom posting a million pictures of her👧👦 👶 kids...
it makes my heart so happy to see parents so proud of and loving their babies!💚👫👬👭
To the 💍👰💏 married couple constantly posting happy love posts....
thank you for being a reminder to the next generation that all hope isn't lost and happy marriages most definitely DO exist.💋
To the business owners who constantly post about their businesses... keep going!
Your 💪 strong will and passion for what you do is astounding! Even in the midst of all the negative remarks, you keep on going for yourself and your family!💎
To the person posting about their fitness journey and how they decided to change their lifestyle for health reasons or just to look or feel better about themselves...
I love seeing your progress pictures, your healthy meals 🍎, gym check ins💪... I especially love seeing your before and after pictures!!👦👧
To the stay at home mom posting about being able to cook and or bake 🍜 love seeing how you manage👏 being a hard working mom. 👪👫
Let's stop being annoyed by everything and start lifting each other up! 😘”
Dit was totaal onverwags! Weet nie van julle nie, maar ek is al so ingestel op die negatiwiteit wat volg as iemand hulself blootstel… dit word eintlik maar ‘n given.
Maar ek wil my naam in Tumisho se spanhoed gooi vandag. Al lees ek nou Jeremia en al sien ek hoe katterig en ongenadig die wêreld kan wees, is die boodskap dieselfde. Totdat ek my laaste asem uitblaas, sal die boodskap dieselfde wees:
“But Jerusalem, there is still time
for you to be saved.”
Jeremia 4:14 CEV
As dit in jou gewoonte is om ander se seer, of dit nou van die hart of die hand is, in twyfel te trek…
as dit jou manier is om te weier om ooit jou weerlose kant vir die wêreld te wys en genadeloos neer te kom op elkeen wat dit sou durf waag in jou nabye omgewing…
hierdie boodskap is vir jou ook.
“And I will give them one heart, and a new spirit I will put within them.
I’ll will remove the heart of stone from their flesh and give them a heart of flesh…”
Esegiël 11:19 ESV
Seer is seer.
Op ‘n manier bring praat daaroor sy eie heling.
Al wat jy moet doen is om te luister.
Jou temalied vir die week: Lean back
Comentários