Watter verskil maak Opstandingsondag in my alledaagse lewe?
Sjoe. Oom Charles Stanley draai nie doekies om vandag nie.
Ek glo tog daar het ‘n verandering gekom toe ek die dag Sy kruisdood as mý dood aanvaar het,
Sy opstanding as mý tweede kans.
Want hoe desperaat en finaal en verskriklik daardie Vrydag was, ek ken nou die hele storie.
Op Facebook lees iemand se groot gemis: “…jy is so verskriklik weg.”
En hoe naby die dissipels en Maria ookal aan Jesus se hart was, ek dink hulle het daardie Vrydag ook so gevoel.
Jesus was net so verskriklik wég.
Soos toe onse Katie nog in Jeffreys weggeraak het. Dit was niemand se skuld nie – sy is per ongeluk buite toegemaak toe kuiermense ingekom het.
Toe my man my bel met die nuus, het my hart met een sprong in my keel gaan sit en my maag op ‘n knop getrek.
Op-en-af ry en roep ons, die hele Marina vol. Later ook buite die grensdraad. Ek wil huil, maar die trane draai vas êrens in die vrees.
Vriende los alles, kom help soek.
Steeds niks.
En dan – in dieselfde straat waar ‘n klompie helpers al 10 keer gery en roep het, loer sy van agter ‘n halfgeboude huis se boumateriaal container uit toe sy vir die soveelste keer óns stemme hoor.
Die deure vlieg oop en ons gaan sit in die middel van die straat om haar nader te roep… sy was so verskrik. En skielik kon die trane vryelik loop.
Katie is gevind.
So min as wat ek met my menslike verstand my eie emosies op ons Groot God kan projekteer, wéét ek dat ek weet dat ek weet: Sy liefde vir my dring Hom om nooit op te hou roep na my nie. En wanneer ek selfs net een tree in sy rigting gee, is Hy daar… gereed om my in Sy arms huistoe te vat.
Ek dink die héél ergste van daardie dag, was hoedat ek myself die hele tyd in Katie se posisie ingedink het: Is sy bang?
Het sy seergekry?
Weet sy ons soek na haar?
Weet sy ons het haar lief?
So, Oom Charles, watter verskil maak Opstandingsondag in my lewe?
Hoe kan ek dag vir dag leef sonder om myself in die Katie’s van hierdie lewe se posisie in te dink? Is hulle bang?
Het hulle seer?
Weet hulle Hy soek na hulle?
Weet hulle Hy het hulle lief?
“In the past you were dead because you sinned and fought against God.
You followed the ways of this world and obeyed the devil.
He rules the world, and his spirit has power over everyone who doesn't obey God.
Once we were also ruled by the selfish desires of our bodies and minds.
We had made God angry, and we were going to be punished like everyone else.
But God was merciful!
We were dead because of our sins, but God loved us so much He made us alive with Christ,
and God's gift of undeserved grace is what saves you.
God raised us from death to life with Christ Jesus,
and He has given us a place beside Christ in heaven.
God did this so in the future world He could show how truly good and kind He is to us
because of what Christ Jesus has done.”
Ephesians 2: 1-7 CEV
As Opstandingsondag dan enigsins ‘n verskil in my lewe gemaak het, laat dit wees in hierdie hoop wat ek deel waar ek ookal gaan, tydig en ontydig.
Want ek weet hoe dit voel om so verskriklik weg te wees.
Jou temalied vir die week: Jireh
Comments