Dit is Olimpiese Spele.
Vanmiddag is ons bederf met ‘n herhaling van die Wimbledon-eindstryd to Alcaraz en Djokovic op Roland Garros se rooi kleibaan uitstap.
Dit is welbekend dat die beste sporthelde in die wêreld, nie net hard oefen nie.
Hulle kyk ook na ure en ure en ure se beeldmateriaal van diegene wie hulle hoog ag en in wie se voetspore hulle wil volg.
Aktief.
Maar ook passief – met ‘n doel voor oë.
Die beste skrywers in die wêreld, is ook die mees entoesiastiese lesers.
Hulle moet wel aktief skryf om hulle skryfgehalte te meet.
Maar dan spandeer hulle ook kwaliteit tyd daaraan om te lees en te lees en te lees om so nuwe skryfstyle te ontdek, hulle woordeskat uit te brei, en inspirasie te put uit die storielyne van ander skrywers om so hulle eie kuns te verfyn.
Aktief.
Maar ook passief – met ‘n doel voor oë.
As Christene is ons elke dag van ons lewens in ‘n wedloop waarin ons fisiese liggame uitgedaag word om die swarigheid van hierdie lewe te oorkom.
En ons oorkom dit aktief deur moedig te bly veg wanneer versoekings op ons toesak soos ‘n Jeffreysbaai-meeu op ‘n paar verlore slap tjips.
Maar ons oorkom ook passief – met ‘n doel voor oë – deur lankmoedig te bly in ons daaglikse stryd terwyl ons sterker word in die gees.
In die Oxford Dictionary is die definisie van lankmoedigheid:
“having or showing patience in spite of troubles, especially those caused by other people.”
Dit klink dalk nie vreeslik aktief nie, maar dit is ‘n passiewe gawe wat ons geestelike spiere laat groei en ons mede-atlete bemoedig.
Ons hoef nie altyd te beweeg om te groei nie.
Sometimes rolling stones need to sit for a while
to gather moss
to retain falling rain
to share with those
who say
I’m thirsty
I’m in pain
“I love you, God –
You make me strong.”
Psalm 18:1 The Message
Jou inspirasie vir die week: Flowers
Comments