Jesus was moeg en honger teen die tyd dat hulle by daardie put aankom. Die dissipels is toe eers Hoekkaffee toe, terwyl Hy daar wag.
“Jesus, worn out by the trip,
sat down at the well.
It was noon.”
John 4:6 The Message
Terwyl Hy daar wag, kom daar ‘n vrou aan vir wie Hy kon help.
En die moegheid en honger so rondom etenstyd maak plek vir intieme tyd saam met haar terwyl Hy van Homself gee.
Dit was asof Hy van Sy eie menslike behoeftes vergeet binne-in daardie oomblik dat iemand ‘n nood groter as Sy eie gehad het.
Hy was onmiddellik beskikbaar.
Niks anders het prioriteit geneem nie.
Wanneer mense om my in nood verkeer, is ek egter nie altyd so akkomoderend nie.
Want my eie goed ding mee vir my tyd en my aandag en my geestelike kapasiteit, en kom ek soms by ‘n punt dat dit vir my voel ek moet priotiriseer.
En soms is my dag net so deurmekaar dat ek vergeet om vir jou te bid.
Al het ek gesê ek sal.
Maar nou het ek geleer.
Wanneer mense om my in nood verkeer, en vra ek moet bid,
bid ek dadelik.
As jou nood my hart egter krampagtig vashou en weier om te laat gaan,
dan gaan ek verder en ek kies
om vir die dag nie te eet nie.
(En ek hou van eet.)
Dan, elke keer wanneer my maag my laat weet hy’s leeg en ek op die punt is om die yskas oop te maak of op te staan vir ‘n stoppertjie, dan onthou ek weer hoekom ek gekies het om, vir die dag, hom ‘n dowe oor te gooi.
En dan bid ek vir jou.
Soms net ‘n one-liner.
Maar ek bid vir jou.
(Jentezen Franklin skryf ‘n wonderlike boek oor dit wat gebeur wanneer ons vas - laat weet my gerus as jy ‘n gratis (wettige) gids hieroor van die skrywer wil hê.)
“Fasting is a private discipline with public rewards,” skryf Jentezen.
Dis hoekom net my man weet as dit gebeur, en hy vra nie vrae nie – nie eers vir wie ek bid nie. Hy weet nou al.
Hierdie is nie ‘n look-at-me post nie.
Ek is net nog ‘n sukkelende bidder wat iets prakties gekry het om my te help om dit beter te doen.
Dalk is dit iets wat jou kan help om dit ook beter te doen.
Jou inspirasie vir die week: I will carry you
Comments