top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Bid vir mekaar



“Let Barty beat her.

She shouldn’t beat herself.”

John McEnroe

Dames Finaal – Wimbledon 2021


Om die een of ander rede het hierdie woorde by my vasgehaak. Dalk omdat ek soveel keer in die verlede my eie grootste vyand was. Noudat ek dit besef en meer sensitief is daarvoor, roer dit iets in my wanneer ek sien en hoor dat ander dit doen.


Toe ons bietjie meer as twee jaar gelede hier aangekom het, was die besef van die taak groot – om ‘n splinternuwe maatskappy te begin in ‘n vreemde land, maar die hoop was groter: “Want met U loop ek 'n bende storm, en met my God spring ek oor 'n muur!” (Psalm 18)


‘n Jaar aan en die realiteit en omvang van die uitdaging het my ontnugter gelaat.


Daar was aande dat ek nie kon slaap nie.

Bekommernis oor die besigheid en ons toekoms hier in die verte het ‘n donker wolk om my kom trek.

My woorde het dood begin spreek.

Dit het gevoel ek kan nie uit die gat nie, en het vir diegene naaste aan my gevra om te help.


Want ek was besig om myself te wen.


En engele met mensgesigte trek laer rondom my siel en op ‘n dag besef ek – die geveg is gewen.


Dit is nou alweer 12 maande later, en die besigheid het sopas alle vorige verkope sedert ons op 1 Mei 2019 hier geland het, oortref. In die laaste 12 maande, het ons verkoopsyfers gegroei met meer as 1,500%. (Ek moes dit ‘n paar keer uitwerk!)


Die Here se plan is soveel groter as myne en die intrige daarvan ver bo my menslike verstand.

Sy oog sien soveel verder, Hy kyk soveel dieper.

Steeds is daar geen einde aan Sy ontferming nie.


empower your friends

speak life over people.

remind them of who they are.

pray over them.

empoyer them.

give them grace when they need it.

be a voice God uses in their life.

in a world where the enemy is contstantly speaking lies,

choose to speak life over your friends.


empowering | women now


Daniël en koning Darius was nie vriende in die normale sin van die woord nie. Die een was heerser en die ander was ingevoerde onderdaan – hoe hoog hy ookal aangeskryf is.


En tog…


Toe die koning uitoorlê word deur Daniël se slinkse kollegas en die opdrag moes gee dat hy (Daniël) ‘n nag tussen die leeus moes deurbring, wik-en-weeg die koning die hele dag hoe hy hierdie ding kan omkeer.


Teen sononder het hy nog nie ‘n antwoord nie, en noodgedwonge laat gooi hy vir Daniël in die leeukuil, maar met hierdie woorde:


“You have been faithful to your God,

and I pray that He will rescue you.”

Daniel 6:16 CEV


Daardie nag maak koning Darius nie ‘n oog toe nie, en toe hy die volgende oggend Daniël se stem hoor, was hy opreg verlig.


“Daniel’s faith in his God had

kept him from being harmed.”

Daniel 6:23 CEV


Ek wil glo dat dit die koning se sentiment ook was.


Want selfs wanneer mens in die diepste put is,

tussen die kwaaiste leeus,

moet jy weet dat daar mense is wat vir jou bid.

Dit laat jou vashou tot die dag weer breek.


Omring jouself met bidders.

Jy het hulle dalk nie nou nodig nie, maar eendag sal jy bly wees jy het.


Omring jou vriende met gebed.

Jy weet dalk net nie hoe nodig hulle dit het nie.


En die wat jy nie juis as vriende sal tel nie?

Bid vir hulle. Hulle weet dalk nie hoe nodig hulle dit het nie.



Jou inspirasie vir die week: Know You will

bottom of page