top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

My nuwe job: Vergrootglasvashouer


“The only accurate way to understand ourselves is by

what God is and by what He does for us,

not by what we are and what we do for Him.”

Romans 12:3 The Message


Ek is nou net maar drie weke in my nuwe rol by ‘n tandheelkundige implantaat maatskappy, en daar is iets wat amper elke dag deur my gedagtes gaan: “Hoe meer ek weet, hoe meer besef ek hoe min ek weet!”


Vanoggend oppad terug van die kerk af hoor ek ‘n radio-predikant vertel van ons mense se geneigdheid tot hoogmoed wanneer ons meer van onsself dink as wat ons behoort.

Dit is tog vanselfsprekend, en ek voel my gedagtes dwaal.


Maar toe vertel hy ook van ons mense se geneigdheid tot hoogmoed wanneer ons minder van onsself dink as wat ons behoort.

Hoe nou?


Sien, as ons alewig dink dat ons nie goed genoeg is nie, as ons voortdurend ander mense se goedkeuring of lof najaag, as ons onsself gedurig oor die kole haal oor ons eie onbeholpenheid of swak woordkeuses of gebrek aan takt, is die lens van ons lewe vierkantig op onsself gerig.

Dít is hoogmoed.

Nie wat jy sien nie, maar waarna jy kyk.


Ons is veronderstel om ons oë gefokus te hou op Christus.


We are not to think less of ourselves;

we are to think of ourselves less.


Dit is okay om te ontdek wat my gawes is en te jubel in die genade.

Dit is okay om berou te hê oor ‘n misstap of woorde wat wond.

Maar wanneer ek te lank stilsit by enige van die twee, vergeet ek dat ek eintlik in hierdie oomblik van die ewigheid, op hierdie plek in die heelal, neergesit is om alle oë op Hom te rig.


Myne inkluis.


Ek is veronderstel om die gawes wat ek het te gebruik om Christus duideliker te maak wanneer mense na my kyk, terwyl ek net die vergrootglas vashou.

Laat ek ook eerder daardeur kyk as af na my eie self.


Ek is veronderstel om my foute so bymekaar te maak by Sy voete dat dit Christus duideliker maak wanneer mense na my kyk, terwyl ek net die vergrootglas vashou.

Laat ek ook eerder daardeur kyk as af na my eie self.


Dit gaan nie oor my nie.



Jou inspirasie vir die week: Never the same


Comments


bottom of page