top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Boelies vir brêkvis

Updated: Feb 4, 2023




Konteks is alles.


Wanneer die boelie jou laat weet hy weet waar jy bly, trek jou maag op ‘n knop.

Wanneer die Here jou laat weet Hy weet waar jy bly…


Wanneer die vyand jou waarsku hierdie is nie die einde nie, beteken dit een ding.

Wanneer die Here jou dieselfde ding belowe…


En op die ou einde van die dag moet jy besluit wie jy gaan glo.

Die een wat al soveel keer gelieg het oor jou en vir jou, of

die Een wat elke leuen oor jou eers deur die drif van Sy kruisbloed sleep en dan onder die juk saam met jou inklim.


Vandag was nagmaal.

Ons lees Openbaring en hoor:


“I know everything you have done, including your hard work…”

“I know how much you suffer…”

“I also know the cruel things being said about you…”

“I see where you live…”

“I know everything about you…”

Revelation 2 CEV


Hy weet.

Hy weet.


Maar hierdie gelowiges was nie perfek nie – gaan lees gerus die hele gedeelte. Nes die beste mediese spesialiste ontbloot die Here egter daardie goed wat besig was om hulle siek te maak, sodat hulle gesond kan word.


Hy weet.


“Think about where you have fallen from, and then turn back…”

“Turn back!”


Nagmaal is nie bedoel om ons skoon te was sodat ons die liefde van die Here kan ontvang nie.

Die liefde van die Here het ons skoongewas sodat ons met nagmaal die omvang van Sy liefde kan onthou en rus kan vind.


Ek is heeltemal te swak om redding werd te wees.

Daardie woorde, hierdie gedagtes, daai ding wat ek nou alweer gedoen het…

…is geen teenvoeter vir Sy liefde nie.


Sy genade en liefde gaan oor wie Hy is, nie oor wie ek is nie.


As die vyand hierdie week weer vir jou wil kom boelie, vertel vir hom:

“Ag, nou gaan sê vir my Pa!”



Jou inspirasie vir die week: Let go, let God



Comments


bottom of page