top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Briefies van Bo af




“Never believe the lie that your inability to hear Him is

greater than His ability to speak to you.”

 

Ds. David preek vanoggend by Paradysstrand en my dorstige Engeland-siel teug diep aan elke Afrikaanse lettergreep van waarheid.

 

Mense kán verander.

Mense se vermoë om te hoor ook.

 

Daar is ’n foto wat nou die rondte doen van ’n klipstapel wat jou vra om drie treë terug te staan en dan weer te kyk.  En skielik sien jy dat die spasies tussen die klippe die waarheid uitspel: “the stones will cry out” (Lukas 19:40).

 

As ons intelligensie en skewe sin van eiewaarde ons daarvan weerhou om ons Skepper die eer te gee wat Hom toekom, dan sal die klippe dit doen.

 

Op dieselfde manier kan ons maar glo dat die Here ’n manier sal kry om ons Sy stem te laat hoor.

 

As die kerk dit nie doen op ‘n Sondagoggend nie, sal die blommeverkoper op ’n Vrydagmiddag.

As die blommeverkoper dit nie doen op ‘n Vrydagmiddag nie, sal die advertensiebord langs die hoofweg dit doen op ’n Maandagmôre.

As die advertensiebord langs die hoofweg dit nie doen op ’n Maandagmôre nie, sal die liedjie op die radio dit doen op ’n Saterdagaand.

As die liedjie op die radio dit nie doen op ’n Saterdagaand nie, sal die uitgekrapte boodskap agterop die toiletdeur dit doen om middernag op ’n Vrydagaand.

As die uitgekrapte boodskap agterop die toiletdeur dit nie doen om middernag op ’n Vrydagaand nie, sal twee sinne op bladsy 54 van jou gunsteling tydskrif dit doen op Dinsdagmiddag drie-uur.

As twee sinne op bladsy 54 van jou gunsteling tydskrif dit nie doen op Dinsdagmiddag drie-uur nie, sal die opslag geel madeliefie teenaan die skape se waterkrip in die agterste kamp dit doen kort na sonop Woensdagoggend.

As die opslag geel madeliefie teenaan die skape se waterkrip in die agterste kamp dit nie doen kort na sonop Woensdagoggend nie, sal die misgekwoteerde ChatGPT antwoord in die universiteitsbiblioteek dit doen op ’n Sondag-deurnag.

 

Die Here het ’n onuitputlike bron van maniere om Sy boodskap tot by ons te kry.

Tot by ons verstand te kry.

 

En tot by jou hart…?

Daarmee word die Heilige Gees toevertrou.

 

Sy veranderingsrekord groei by die dag.

Nes Pinehas in die ou testament se tyd, Saulus in die nuwe testament se tyd, verander die Gees Maxie, en die soos sy, in my tyd…

 

Laat ons tog nooit die uithouvermoë van ons Goeie Vader onderskat nie!

Hy sal nie rus voordat die laaste lam Sy stem gehoor het nie.

 

 “But God is being patient with you. He does not want anyone to be lost, but

He wants all people to change their hearts and lives.”

2 Peter 3:9 New Century Version

 

 

 

Jou inspirasie vir die week: Honestly, I think we just need Jesus


bottom of page