top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Christen-wees is nie rocket science nie




“With eye far fixed on eternity, and

ear attent upon the Divine voice, he goes forward.

He trusts God and is not afraid.”

E. Johnson


Petrus en Johannes word in hegtenis geneem en in die tronk gegooi.


Die volgende dag word hulle voor hulle aanklaers gebring en díé staan gefasineer deur hierdie twee manne wat so selfversekerd kon praat, met geen papiere agter hulle naam nie.


Die ringkoppe stuur hulle uit die vertrek sodat hulle kajuitraad kan hou, en al waarmee hulle vorendag kan kom is om ‘n pleister te probeer plak oor die megafoon wat besig was om die hele dorp op hol te jaag met die boodskap dat die verlamde man by die tempel weer kon loop.


They called them back and warned them

that they were on no account ever again to speak or teach in the name of Jesus.

But Peter and John spoke right back,

“Whether it’s right in God’s eyes to listen to you rather than to God, you decide.

As for us, there’s no question—

we can’t keep quiet about what we’ve seen and heard.”

Acts 4:18 The Message


Dapper manne.


Maar hulle was nie stupid nie.

Hulle het geweet dit sou nie die laaste keer wees dat hulle so behandel sou word nie.


Daarom gaan soek hulle die vriende op wat saam met hulle kon bid:


“Take care of their threats and give your servants

fearless confidence in preaching your Message…”

Actst 4:29 The Message


En dan…


“While they were praying…

they were filled with the Holy Spirit and

continued to speak God’s Word with fearless confidence.”

Acts 4:31 The Message


Dis opvallend hoedat hulle nie gevra het dat die Here hulle moes wegneem uit die situasie nie, maar dat Hy hulle, binne-in die situasie, die oorweldigende moed sou gee om steeds te doen wat Hy hulle gevra het om te doen.


En hulle het nog nie eers “Amen” gesê nie, toe voel hulle hoedat hulle moed opstaan uit hulle skoene uit, hulle harte moedig word, hulle koppe lig en hulle skouers terugtrek.


Christen-wees is nie rocket science nie.


Weet wat om te vra.

Vra dit dan.

En sien hoedat die Here die graanstore van die hemel oopsluit selfs nog voordat jy van jou knieë af opstaan.


Jou inspirasie vir die week: Where would I be



bottom of page