top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Die hemel se kostannnies


“A witness for Christ has to be made, and I must help to make it;

a work for Christ has to be done, and I must help to do it;

the world has to be won for Christ, and I must set to work

to win the little piece of the world in which God has been pleased to put me.”

R. Tuck


Die laaste paar weke al speel dieselfde temaliedjie oor-en-oor in al my dae: diligence.


Uit die Merriam-Webster Dictionary leer ons van

diligence

- steady, earnest, and energetic effort : devoted and painstaking work and application to accomplish an undertaking


Daar is geen wedergebore siel wat hierdie aarde bewandel wat nie ‘n baie spesiale gawe of talent met hulle saamdra nie. Wanneer jou siel nuut word, behoort jy jou gereedskap uit te pak, ‘n rekordlys te maak van wat jy binne jou dra en by die Here te loop uitvind hoe Hy dit wil aanwend in jou nuwe lewe.


Dit beteken nie dat almal jou gawes sal herken, erken of verwelkom nie.

En dit maak geen verskil nie.


Ons elkeen word gevra om met dit wat ons het, ‘n verskil te maak in die tyd en plek waar ons neergesit is.


Sien, ons liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing (Gal 5:22) is nie die eindproduk van ‘n lewe sonder swaarkry nie.

Inteendeel.


Dit is ‘n nuwe reaksie op die ou uitdagings van hierdie wêreld.


Dat ons liefde sal gee wanneer die weegskaal erg oorhel een kant toe.

Dat ons sal vashou aan die vreugde van ons verlossing, elke dag soos die eerste dag.

Dat ons wandelende vrede sal wees waar ons in onvrede moet leef.

Dat ons geduldig sal wees wanneer die laaste strooi afdwarrel na die kameel se rug.

Dat ons vriendelik sal wees wanneer mense dit die minste verwag.

Dat ons goedhartig sal wees teenoor diegene wat ons as vyande beskou.


Dat ons getrou sal wees (diligent) met die gawes wat die Here ons toevertrou het, in die spasie wat Hy vir ons gereed gemaak het.


Dat ons nederig sal wees, deur te onthou.

Dat ons selfbeheersing aan die dag sal lê wat die wêreld verstom sal laat.


En die enigste manier om dit te doen, is om vas te hou aan die Here.


Hoor hoe mooi verduidelik die Amplified Translation dit:


I can do all things [which He has called me to do]

through Him who strengthens and empowers me [to fulfill His purpose—

I am self-sufficient in Christ’s sufficiency; I am ready for anything and

equal to anything through Him who infuses me with inner strength and confident peace.]

Philipians 4:13 AMP


Diligent.


Daag net op.

Die hemel se kostannies het reeds jou pakkie uitgepak vir die dag.



Jou inspirasie vir die week: Stay strong



bottom of page