top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Sjoe, Here, ek weet nie...


Vriende van ons was gelukkig genoeg om met die Wêreldbeker 2023 in Frankryk te wees, en so ewe ook by die wedstryd teen die Franse – seker díé beste wedstryd van die toernooi, in my man se opinie.


Maar, vertel vriend Herman ons, dit is eers wanneer ‘n mens sélf daar is, tussen 80,000 skreeuende, protesterende en intimiderende toeskouers terwyl jou eie paar duisend trotse Suid-Afrikaners ook van hulle laat hoor, dat jy verstaan onder watter geweldige druk daar van die Bokke gevra word om te presteer.


Min van ons wat saam gekyk het, sal weet hoe dit is.

En min van die mense wat kyk na jóú lewe sal weet hoe dit is.


Wat dit is om onder die druk van jóú lewe se eise, moedig te glimlag.

Wat dit is om onder die druk van jóú liggaam se protesterings, elke dag op te staan.

Wat dit is om onder die druk van jóú werkseise, gereeld jou eie beste te verbeter.

Wat dit is om onder die druk van jou eie, moontlik skeefgetrekte, idee van perfeksie te leef.


Maar die Here weet.

Hy is die enigste een wat weet.

Hy is die enigste een wat verandering kan bring.


En tog kies Hy gereeld om wonderwerke, toegedraai in mensvelletjies, te gebruik om jou druk te verlig.


Maar wat as Hy jóú kies vandag?

Wat as Hy ‘n meesterplan het waarin jóú rol is om halflyf in ‘n ander een se moddergat in te klim en hulle dáár te bemoedig en saam met hulle modder uit te skep totdat hulle weer vastrapplek het?


En wat as jy nie seker is of jy die moed het om dit te doen nie?

(Die herinneringe aan jou eie moddertrappery nog vars…)

“Sjoe, Here, ek weet nie…”


“…if you see that the job is too big for you,

that it’s something only God can do,

and you trust Him to do it—

you could never do it for yourself no matter how hard and long you worked—

well, that trusting-Him-to-do-it is what gets you set right with God, by God.

Sheer gift.

David confirms this way of looking at it,

saying that the one who trusts God to do the putting-everything-right

without insisting on having a say in it

is one fortunate man…”

Romans 4:4 The Message


Toegegee, Paulus praat hier van ander omstandighede, maar net so ‘n paar verse op staan daar, “…but the story we’re given is a God-story, not an Abraham-story.”


Maak nie saak hoe die rolverdeling verander nie, die hele Bybel gaan uiteindelik oor die Here se hand in alles, nog altyd, en selfs tot hiertoe.


Wanneer ons so daarna kyk… watter druk is daar wat ons Here nie kan hanteer nie?

En omdat die Gees in jou leef, watter druk is daar wat jy nie kan hanteer nie?


Moenie bang wees nie.

Hy sal jou die moed gee.


Iemand het jou nou nodig.




Jou inspirasie vir die week: Just like you’ve always done



Comentários


bottom of page