top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Daai awkward phase


Evangelis Reinhardd Bonke is hierdie week oorlede. Deur die jare het ‘n klomp van sy sê-goed hulle al kom tuismaak in my hart, maar vandag het ek ‘n paar nuwes ontdek:


“Don’t plan with what is in your pocket, plan with what is in God’s pocket!”


“When you do business with people, you need money. When you do business with God, you need faith.

Faith is the currency of the Kingdom of God!”


Sommige meen dat toe Reinhard Bonnke daardie dag in die hemel arriveer, daar ‘n skare van oor die 77 miljoen mense sou wees om hulle dankies vir sy werk op aarde te kom neerlê.


Daar is geen manier hoedat dit kon gebeur sonder groot geloof nie.


As ek dan lees in Psalm 119, dan wonder ek hoeveel keer Reinhard Bonnke hierdie woorde in sy eie lewe moes herhaal:


“Help my, Here, want ek word vervolg sonder dat ek dit verdien.

Slegte mense het my amper doodgemaak, maar ek hou aan om na U te luister.

U is so goed vir my; daarom vra ek:

Laat my lewe sodat ek kan aanhou doen wat U sê.”

Psalm 119:86 - 88


‘n Reinhard Bonnke is ek beslis nie. Ek besef dit net weereens toe ons gister in die ysige windjie hier in Newbury by ‘n groot winkelkompleks uitstap en ‘n mamma en dogtertjie vir ‘n man op straat ‘n koffie en ‘n pakkie koekies gee, ‘n oomblik met hom spandeer en hom met ‘n goeie wens laat voordat hulle wegstap.


Ek is net te skaam. Ek wil die persoon nie in die verleentheid laat nie, maar doen ek niks, dan kry hy ook niks. Doen ek wel iets, is daar soveel meer wat ek kan doen, so wat doen ek dan op die ou einde?

Niks. Ek doen… niks.


Maar dis bloot Maxie wat praat.


Wanneer die Gees waarlik in my Sy woning kom maak en oorneem en ek beheer van my doen, denke en late aan Hom oorgee, sal Hy weet wat die regte ding is om te doen, wat die regte ding is om te sê. Sal al my verskonings en twyfels al kletterende wegval langs die pad soos die leë blikke wat hulle is.


Dalk sal ek hierdie week net een keer iets probeer doen wat ek nie vantevore kon doen nie. En dalk is dit makliker as wat ek dink en duik die volgende geleentheid sommer vinnig weer op en raak dit makliker en steeds makliker en voor ek weet het ek oornag die hele awkwardness phase ge-skip.


“As U Woord vir my nie soveel blydskap gebring het nie, het ek al lankal moed opgegee.

So lank as wat ek leef, sal ek U voorskrifte in my hart bêre,

want hulle het my lewe gered.

Ek is U s’n, van kop tot tone.

Red my, want ek wil elke dag agter U aanstap.”

Psalm 119:92 - 94


Eenkeer gered, altyd gered. Maar nie altyd doelbewus dankbaar nie.


En ‘n lewe wat regtig van dankbaarheid getuig loop oor in welwillenheid teenoor ander. Hoe awkward ookal.


“If you are doing nothing,

God doesn’t need to give you any help in doing nothing.

Go out and do something impossible for Jesus,

and then God will help you.”

Reinhard Bonnke



Jou temalied vir die week: My feet are on the Rock


Comments


bottom of page