top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Dan gebeur daar iets


Om by die TESCO (die Engelse weergawe van Pick&Pay) naaste aan ons uit te kom, neem net 5 minute in die kar. Drie regse en ‘n links en jy’s daar.

Vanmiddag giggel ons drie weer heerlik oor hoe ons vir die eerste paar weke nog met die GPS se blikstem die 5 minute TESCO toe aangepak het: elke dag se Groot Avontuur.

Maar nou kan ons dit al toe oë vind (met apologie aan my man) en sommer van 3 verskillende kante af ook. Selfs op een van die mees obskure wandelpaadjies het ons vanmiddag gesien presies hoe om daar uit te kom.

Die aanpasbaarheid van kinders is iets waarop gereeld kommentaar gelewer word.

Maar die aanpasbaarheid van God se kinders? Hoe gereeld kan ons daaroor spog, wonder ek.

“When faith fails,

the whole spiritual man becomes vulnerable,

and to become vulnerable

soon leads to being

actually wounded.”

Soms moet ek onthou dat die rede dat ek my geloof sterk moet anker in die Wynstok, is nie net sodat my loot kan regop bly nie. Soms is die rede jy.

Jy wat so lank al bid, en niks gebeur nie.

Jy wat so lank al vra, en geen antwoord hoor nie.

Jy wat so lank al soek, en geen deur gaan oop nie.

Jy wat kyk na my.

Soms moet ek onthou dat as my geloof omval wanneer die swaar reën kom, dit ander lote saam kan aftrek ondertoe.

Maar dank die Here, die ander kant van die storie is ook waar!

“I, the Lord, was ready

to answer even those

who were not asking

and to be found by those

who were not searching…

…So, because of My servants,

I won’t destroy everyone.”

Isaiah 65:1,8 CEV

As kinders van die Here behoort Sy hartswens ook ons s’n te wees. Dan beteken dit dat die krag wat in my geloof en in my liefde lê, nie die krag is wat my alleen staande hou nie.

Dit geen ander mense hoop.

Laat hulle stop.

Terugkyk.

Omdraai.

“Ek vertel oor en oor vir God ons Vader hoe julle julle geloof uitleef in alles wat julle doen.

Julle liefde vir ander mense vra baie groot opofferings van julle.

En julle hou ook onverskrokke vas aan ons Here Jesus Christus se beloftes dat Hy terugkom.”

1 Thessalonisense 1:3 Die Boodskap


Net soos die groot geloofshelde van die Bybel die kinders van die Here inspireer en aanmoedig tot selfs nog groter geloof, so kyk die wêreld na die kinders van God met ‘n behoefte wat hulle dalk nog nie eers weet hulle het nie, en gebeur daar iets.

Wanneer Goddelike aanpasbaarheid jou onwrikbaar laat vashou aan die Anker terwyl die strome jou die kant en daai kant toe trek, kyk die wêreld na jou en gebeur daar iets.

Wanneer God Sy liefde deur jou manifesteer vir ‘n wêreld wat nie eers weet hoe nodig hulle Liefde het nie, gebeur daar iets: Vir ‘n enkele oomblik, op miljuisende plekke dwarsoor die wêreld, word Christus weer mens.

Jou geloof in ‘n God wat altyd goed is, maak jou aanpasbaar vir Sy wil in jou lewe.

Laat ons so leef dat ander daardeur bemoedig word.


Jou temalied vir die week: He knows


Comments


bottom of page