top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Die dapper muis... se sussie


“You, Lord, are the light

that keeps me safe.

I am not afraid of anyone.

You protect me, and I have no fears.”

Psalm 27:1 CEV


Vanoggend oppad terug van die kerk af, dink ek so by myself: Ek is nog bitter min in my lewe so gekonfronteer soos hierdie laaste handjievol maande in annerland. Nie soseer deur mense wat skoorsoek nie – glad nie. Maar situasies wat so oorweldigend voel en waarvan die uiteinde so onseker is dat dit my soms heeltemal verlam.


Maar op ‘n dag onthou ek hoe Radiokansel my altyd opgelig het wanneer ek die R21 vroeg-vroeg, en later die N12 nog lank voor sonop, moes invaar. Op ‘n stadium was dit net op kortgolf beskikbaar en so tussen die gegorgor van die AM-tor kan ek onthou hoe ek elke dag Ds Johan Els en Wynand Rossouw se bemoediging opgeslurp het. Want dit moes my ‘n hele 24 uur hou.


Hier kon ek nog nie op my karstereo dit regkry nie, al weet ek hier is sulkes in die rondte. My gunsteling is https://onlineradiobox.com/uk/premierpraise- gaan klik gerus op die SPEEL NOU knoppie.


Ewenwel, ek loop grou my ou CD’s uit en op daardie dag toe ek weer wil kleinkoppie trek vir die uitdagings wat voorlê, speel Bethel Music se You Make Me Brave oor en oor en oor en oor:


As Your love, in wave after wave

Crashes over me, crashes over me

For You are for us

You are not against us

Champion of Heaven

You made a way for all to enter in…


Cause You make me brave

You call me out beyond the shore into the waves

No fear can hinder now the love that made a way

You make me brave

You call me out beyond the shore into the waves

No fear can hinder now the promises you made


En somehow is dit nou… makliker.


Hierdie week stop ek by ‘n plek en my hart krimp en die vyand laat sien my reeds die diep afgrond voor my.


En ek reverse uit. En ek trek weer in.


En ek kan net nie oor die afgrond kom nie.

Ek ek reverse uit.


En toe trek ek in, stop, en trek die sleutel uit. Want Hy maak my dapper. Hy laat sien my bo-oor die afgrond en die gemaal van die strandlopergolwe tot daar waar Hy self wag om die storm stil te maak.


En al wat ek herhaal soos die asem wat ek diep intrek en uitblaas is: You make me brave. You make me brave. You make me brave.


En geen afgrond het my nog ingesluk nie. Dit is asof ‘n mens anders in die koloseum instap as jy Daniel se leeus langs jou het, die Oorwinnaar van Goliat ín jou het, die Heerser oor son en maan óm jou het.


Selfs die sweepslae val anders om jou.

Soms tref hulle steeds, maar dit is asof hulle nie jou siel kan bereik nie, as dit sin maak. Dit is net nerwe af, en nerwe herstel maklik.


Ek is beslis nie die dapperste mens wat ek ken nie.

Maar Hy is.

En waar ek gaan, gaan Hy.


You make me brave.



Jou temalied vir die week: I will look up


Comentários


bottom of page