top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Die God van my



“The Lord said:

‘It isn’t too late…

…Don’t rip your clothes to show your sorrow.

Instead, turn back to me with broken hearts.’ “

Joel 2:12 CEV


Ek luister weer hierdie week na die storie van Saul en alhoewel dit jare voor Joël se profesie afgespeel het, is die boodskap steeds dieselfde:


“Saul offered sacrifice when God asked for obedience,

and he lost his kingship.”


Gaan lees gerus weer in 1 Samuel 15 hoedat Saul sy ongehoorsaamheid probeer regverdig het.


Blindelingse gehoorsaamheid, myns insiens, kan slegs deur 2 maniere verseker word:


- ‘n Allesoorheersende vrees vir die gevolge van ongehoorsaamheid, wat met dit saamsleep ‘n gees van slawerny, of

- ‘n totale, onwrikbare vertroue in die een in wie die vertroue geplaas word


Hoe ouer ‘n mens word, hoe beter verstaan jy mense se huiwerigheid om blindelings te vertrou. Want jy is tien teen een al self gepik deur daardie belofte van “vertrou my net”.


Verlede week moet ek bank toe en dit laat my steeds ongemaklik voel om so naby aan die tellers te wees hier. Dit is net die COVID-skermpie tussen ons en die geldlaai maak sommer so reg langs die paadjie oop wat by haar verbyloop agtertoe.


In my kop speel al die moontlike scenarios af, maar hierdie bankamptenaar weet van niks.

Sy vertrou my.


Gister is dit die heel mooiste herfsdag in Newbury en ons vat ‘n draaistap met Katie deur Victoria Park in die middel van die stad. Op ‘n bankie lê ‘n jong meisie en slaap in die sonnetjie wat ons deesdae so min sien, haar handsak sommer so terloops langs die bankie onder haar voete neergeplons.


In my gedagtes sien ek al die filminsetsel vanaf die CCTV, maar hierdie meisie weet van niks.

Sy vertrou ons.


As dit dan so maklik is vir die wêreld om die res van die wêreld – wat homself al so baie keer as onbetroubaar bewys het – te vertrou, hoekom is dit dan so moeilik om die Here te vertrou?


"God is not a man, that He should lie, nor a son of man, that He should repent.

Has He said, and will He not do it?

Or has He spoken and will He not make it good and fulfill it?”

Numbers 23:19 AMP


Die ding is: Ons beperkte menslike insig en verstand koppel, dalk heel onbewustelik, menslike beperkinge aan die Een wat ons nie met ons eie insig kan verstaan nie.


Ek verstaan Hom dalk nie, maar Hy vra van my steeds volle vertroue.


Hy wil nie hê ek moet uit vrees vir die gevolge ‘n onwillige slaaf van Sy plan vir my lewe word nie.

Hy wil hê dat ek met die vertroue van ‘n kind met verwagting uitsien na dit wat Hy belowe het.


Dit vereis nie ‘n groot geestelike debat nie.

Al wat dit vra is: “Vertrou jy My?”


As jy nou jou kop laat sak, moet asseblief nie ophou lees nie.


Daar is seker ‘n rede daarvoor, en God weet wat dit is. As jy egter oop is om anders oortuig te word, is daar hoop. Alkoholiste Anoniem sê nie verniet: “Die eerste stap na genesing is erkenning” nie!


Hoe doen ek dit?


Ek moet weer van Genesis tot in Openbaring sistematies gaan lees en gaan leer van ‘n God wat beloftes maak en daarby hou van geslag tot geslag, van Jesus wat vertroue beloon met lewensveranderende gevolge. ‘n Vers-vir-die-dag benadering hou dalk die dou op die grond, maar as ek my wortels by die Lewende Water wil uitbring vir hoër rank en groei, gaan dit meer van my vra.


Ek kan gaan luister en lees oor mense in my eie tyd wie se lewens al geraak is deur die Here. Hulle stories eindig nie noodwendig altyd in aardse oorwinning of genesing nie, maar hulle stories van ‘n geloof wat groei en hulle vertroue in God wat hulle selfs deur die donkerste tye dra en die kragtige lewens wat hulle leef selfs ná ‘n traumatiese moment van enorme proporsies, kan my selfs meer redes gee om Hom te vertrou.


Buitendien… As ek Hóm nie vertrou nie, wie kan ek?


“Should we trust in ourselves or in others who are sinful,

unpredictable,

unreliable,

have limited wisdom,

and who frequently make bad choices and decisions swayed by emotion?


Or do we trust in the all-wise,

all-knowing,

all-powerful,

gracious,

merciful,

loving God who has good intentions for us?”

Gehoorsaamheid begin met vertroue.

En vertroue begin wanneer ek Hom persoonlik leer ken.

Wanneer die God van die Bybel die God van my word.




Jou inspirasie vir die week: Not just stories


Commenti


bottom of page