top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Die Here se dice val anders


…kom vertel ‘n ou werksvriendin se Facebook update.


Vroeër in die week is ek herinner aan Dawid:


“When the Philistine rose and came forward to meet David,

David ran quickly toward the battle line

to meet the Philistine.”

1 Samuel 17:48 AMP


Ek wil méér Dawid en mínder Jona wees.


Want hoe meer ek kyk vir Die Ding wat my bangmaak en my vrede kom steel, hoe banger word ek… hoe meer wil ek weghardloop.


Sou dit wees wat die Here bedoel met die geloof van ‘n kind?

Dawid het geobserveer,

gevind sy Krag is groter,

en laat wiel.


Terwyl alles anders teen hom was.


Dawid moes nie as oorwinnaar daar weggestap het nie.

Maar die Here se dice val anders.


Dit beteken níé dat ek nie allereers die wil van God soek nie.

Maar selfs dít maak my sterker,

want dit beteken dat ek my oog van Die Ding afhaal en na die Here soek.

Getroos met die belofte dat Hy wag om gevind te word.

In watter situasie ookal.

Terwyl ek in die skadu van watter Ding ookal staan.

Tot watter mate ek ookal oorweldig voel.


“They that see the hand of God in what happens to them

will not be slow to believe

that there is a purpose in human experience.”

JD Davies


Dawid vat ‘n teken van sy oorwinning oor Die Ding, gaan wys dit vir sy Volk en bemoedig hulle, so glo ek.


Maar dit was nodig vir hom om te onthou hoedat Die Ding oorwin is, en hy bêre Goliat se wapenrusting in sy eie tent.


“The Christian’s consciousness that he owes all to God

will help to bind him to

loyal allegiance and constant service.”


Want terwyl ek op hierdie aarde is, leef en beweeg, sal daar altyd ‘n Ding wees.

Maar terwyl ek op hierdie aarde is, leef en beweeg, sal daar altyd my God wees.


En ek kan kies waar ek my fokus laat rus.



Jou temalied vir die week: Hallelujah even here


Kommentare


bottom of page