Ek praat nie graag oor my gesondheid nie.
Aan die een kant wil ek nie hê mense moet bang raak om te vra hoe dit met my gaan nie.
Aan die ander kant is die simptome en implikasies van my persoonlike doring-in-die-vlees vir baie mense onverstaanbaar en klink dit onmoontlik en ek is bang mense dink ek jok.
Maar vanaand gaan ek en ek hoop dit maak sin.
Ek is in 2011 gediagnoseer met fibromialgie, maar het reeds in 2009 simptome begin toon. Een geskeduleerde medikasie op ‘n ander, pynpille wat groot ouens aarde toe bring, natuurlike preparate en ontspanningstegnieke, mees onlangs ‘n middel wat gewoonlik gegee word vir heroeïnverslaafdes, was alles deel van my manier van cope.
Die ding met fibro is nie soseer die intensiteit van die pyn en ongemak nie, maar die choniese aard daarvan.
Iemand het eenkeer tong-in-die-kies gesê: “Fibromialgie is ‘n pyn in die agterwêreld! En die knie… en die skouer… en die heup… en die ribbebeen…”
Wanneer ‘n mens dae aaneen loop met pyn op ten minste 10 plekke op jou lyf, elke dag, die hele dag – net in verskillende intensiteit, en jou slaap is boonop nie verkwikkend nie (nog ‘n bekende simptoom), is dit maklik om in ‘n spiraal van wanhoop te beland. Die doodse moegheid wat ‘n mens gedurig agtervolg, help ook nou nie regtig om van jou Sannie Sonstraal te maak nie.
Ek onthou hoedat ek in my laagste oomblikke net kon huil en wonder.
Huil en wonder.
Dit was in daardie tye dat ek goed raakgelees het oor hoe ‘n mens moet bid en vas om so ‘n vloek van siekte oor jouself te breek.
En natuurlik goedbedoelende asems wat jou vertel van hierdie en daardie en hoe hulle ‘vrygemaak’ is van hulle siektelas.
Ek sal nooit iemand se bevrydingsvreugde ontken nie, maar ek kon net nooit self die motivering kry om so naarstigtelik die Here se aangesig daaroor te soek en tot dagbreek met Hom te veg totdat Hy die lyding van my wegvat nie.
Dalk het ek net nog nie genoeg gely nie, dink jy dalk.
Dalk het ek nie.
Natuurlik het die duiwel my probeer wysmaak dat dit my eie kleingelowigheid is wat my gevange hou.
En ek moet erken: Daar was ‘n tyd dat ek gedink het daar steek waarheid daarin.
Maar dit is nou ‘n jaar sedert ‘n nuwe uitdaging bygevoeg is. Waar dit vantevore meestal sagte weefsel was wat die swaarste gekry het, het my gewrigte nou besluit om hard en duidelik van hulle te laat hoor. Artritis roep hulle hom.
Steeds… steeds het ek net nie daardie oorweldigende drif in my om myself by Sy voete te gaan neergooi en kermend te pleit dat Hy dit moet wegneem nie.
Vandag verstaan ek hoekom.
Sien, van kleins-af het ek maar ‘n willetjie van my eie gehad, dink ek.
(Toe my man gaan ouers vra, rapporteer hy terug dat my Pa hom gewaarsku het, “Sy kan maar parmantig wees, hoor!”)
Eers toe ek ‘n vrou vir my man word, begin ek regtig leer van ander eerste sit.
Eers toe ek sien hoe ‘n pa my man is, begin ek leer van eiewil en die neerlê daarvan.
Eers toe ek sien wat die liefde kan regkry, begin ek leer van waarlik vrou wees en nie vrouevegter nie.
Selfs toe, het dit my baie jare gevat om my man toe te laat in my bankrekening!
My punt is dit: Die Here weet – beter as enige iemand anders – watter skade my eiewilligheid sal aanrig…
Aan my, my geliefdes, almal rondom my.
S. Conway skryf in sy kommentaar oor Jeremia 48 waar die Here sy oordeel oor Moab uitspreek, hoedat eiewil getemper word:
“You have seen a mountain stream come brawling along over its stony bed.
But on it goes, heeding not until, right in mid-stream, there is a huge rock.
Down comes the stream full tilt against it, as if it were saying, ‘Just you get out of my way.’
But that is precisely the thing the rock does not do, and so the stream comes right against it.
And then what a fuss, and a froth, and a foam there arises! But the rook does not move,
and after a moment you will see the stream gliding softly, smoothly, quietly round the rock,
and going more gently on its way.
That is one of the ten thousand natural parables with which the world is full.
That stream of our self-will, determined to go its own way, rushes on its course.
The rock of God's law of change and adversity and trial stands in its way and will not move,
and the stream of self-will is broken against it, as God intended it should be.
Only by this law can this evil be cured.”
Die Here skryf in Jeremia 48:36
“In my heart I moan for Moab…
…I moarn for the people…”
…maar Hy lig nie Sy hand van verdrukking van hulle af op nie.
Hy weet dat dit waardeur hulle nou sou gaan, in later jare goeie vrugte sou dra.
“Yet some day, I will bring
your people back home.
I, the Lord, have spoken.”
Diep in my hart het ek dalk nog altyd geweet dat ek ‘n merriestreep in my het – een wat net deur ‘n Geoefende Hand in toom gehou kan word.
Daarom vra ek nie dat Hy dit van my sal wegvat nie.
Ek kan nie.
Dit hou my naby Hom.
Die Here se merrie.
Jou temalied vir die week: I will fear no more
Comments