top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Die hulle's wat naaste aan ons is

Updated: Feb 4, 2023




Vrydag was weer ‘n pad-dag, en ek hoor so baie wat ek wil onthou. Onder andere hierdie een:


“It’s one of the most amazing things to see how God changes your mind.”

Tony Evans


Deel van grootword is om groter te dink, wyer te droom – en daarmee is niks verkeerd nie. Maar ek kom agter dat soos ek ouer word, wil ek kleiner dink, nouer vriendskappe hê eerder as méér, klein goedjies met groot sorg doen eerder as afkophoendertjie my doenlys najaag.


Sou daar iets hiervan wees in wat Jesus vir die dissipels wou leer?


“Don’t begin by traveling to some far-off place to convert unbelievers. And don’t try to be dramatic by tackling some public enemy. Go to the lost, confused people right here in the neighborhood. Tell them that the kingdom is here.”

Matthew 10:8 The Message


Lost & confused.

Vertel vir hulle dat hulle ‘n huis het, dat hulle vrae uiteindelik ‘n antwoord het.

Ek hoef nie alles te weet nie.

Ek kan hulle maar net die rigting wys.


En ja, daar is ander lost & confused wat baie duisende kilometers van my af is.

Maar dieselfde boodskap gaan ook na die dissipels rondom dáárdie outjies uit.


As almal dan net hulle eie lost & confused vind en bemoedig, kring die goeie nuus uit vanaf ‘n magdom druppelplonse totdat die kringdeinings mekaar vind en oorvleuel en almal uiteindelik een groot waarheid deel.


Dit is vir my elke dag ‘n wonderlike troos dat ek wysheid van die Here mag vra. Jakobus herinner ons daaraan. As ek nie weet wie die lost is nie, of hoe om ‘n gesprek met hulle te begin nie, mag ek maar vra. En Hy sal my ‘n plan gee. Sonder om in Sy mou vir my te giggel.


Wanneer die confused se confusion my eie brein so konfoes dat ek nie meer seker is wat waar is nie, mág ek wysheid van die Here vra. En Hy sál my die woorde gee.


Nes Hy nie kan wag om vir óns goed te wees nie, net so kan Hy nie wag om vir die lost en confused goed te wees nie.


“But God’s not finished.

He’s waiting around to be gracious to you.”

Isaiah 30:18 The Message


En Hy is goed vir hulle deur ons ook.

Óns wys vir hulle Sy goedheid.


Die hulle’s wat naaste aan ons is.




Jou inspirasie vir die week: The reason


Comments


bottom of page