Onthou om my te onthou, sing Tannie Laurika. Daar is so baie wat ‘n mens wil onthou, maar vergeet is so maklik.
Die kinders se kostelike sêgoed vir een.
‘n Facebook-vriendin sit gereeld iets kostelik op wat een van haar kroos gesê of gedoen het, en ek glo sy sal dan volgende jaar en die jaar daarna weer daaraan herinner word om te onthou.
Maar wat ek eintlik regtig wil onthou en eintlik glad nie wil vergeet nie, is daardie kere dat ek kon sê, “whew… dit is verby”, of
“whew… dit het uitgewerk”, of
“whew… dit het toe nie gebeur nie.”
Want dis daardie kere dat Genade oopgeloop het, voetpaadjies getrap het oral waar my skaduwee sou val. Soveel keer, sonder dat ek dit eers weet.
Soveel keer, ten spyte van my sonde.
“When it’s sin versus grace, grace wins hands down.
All sin can do is threaten us with death, and that’s the end of it.
Grace, because God is putting everything together again through the Messiah,
invites us into life—a life that goes on and on and on,
world without end.”
Romans 5:20 The Message
Ek wil onthou sodat ek vir jou kan vertel.
Maar let’s be real.
Waar jy nou is, is jy dalk nie lus vir praatjies van hoe dinge vir goed kan uitdraai nie, want jou eie gat is diep en donker en stories van lig maak die donker nie minder donker nie.
Dit laat jou dalk net dink dat die lig nog baie ver is.
Dis okay.
Die Here het ‘n manier om hierdie stories êrens in breinholtes te bêre vir later, vir wanneer die hoorder uiteindelik gereed is om te luister.
En ek wil onthou van die kere dat ek kon kies om Genade uit te deel.
Soms gebeur dit in ‘n oomblik, en dit wat bedoel was om my te affronteer, rol van my af soos ‘n ongeleesde email in my SPAM folder.
Onbelangrik.
Soms vat dit langer.
Die gogga broei en maak jou kop vol en jou hart meer en uiteindelik loop die fonteintjies oor.
En dan, sonder dat jy weet hoe of wanneer of wat dit laat gebeur, is Genade terug.
Kan jy hulle help wat jou netnoumaar nog wou stoei.
Kan jy minste wees en goed wees vir hulle sonder dat hulle dit eers besef.
Kan jy hulle die voordeel van die twyfel gee, want dalk weet hulle regtig nie wat hulle doen nie.
Ek móét Genade onthou.
Dit hou my nederig.
Ek wíl Genade onthou.
Dit gee my pantserlae vir die dae dat dit my gesig in die vyand se visier is en al wat ‘n aanklag is my kant toe kom.
Dan kan ek onthou van Genade vir my.
Dan kan ek onthou van Genade in my, vir ander.
Onthou om te onthou.
Dit is hierdie jaar en hierdie maand alreeds 10 jaar sedert Stelltjie se siekte en haar Ewige herstel.
Dit is dus nou 10 jaar vandat ek begin skryf het aan Genade is ‘n Dag Lank en die onthou is baie.
Na 10 jaar kom daar steeds mooi daaruit, en eerder as die hartseer onthoue, wil ek die Genade onthou wat daardie jaar, heeljaar, by ons kom intrek het.
As jy ook jou Genade wil onthou, wil ek jou graag help.
Dit sal wonderlik wees as daar ry op ry op ry van hierdie joernale op jou boekrak plek kry, maar as dit by jou net die gewoonte skep om uit te kyk vir tekens en vatplekke van Genade, dan is dit goed.
Soek gerus onder Maxie Heppell op @Amazon in jou streek.
Jou inspirasie vir die week: VIP
https://www.youtube.com/watch?v=Wak2lpVn2g0
Comments