Die krabbels hierbo was aan die begin van Maart nog net vir my krabbels gewees.
Wat van regs na links gelees moet word. (*Sien die voetnota.)
6 maande later het die sinapse wat die Here so liefdevol in my brein aanmekaar geweef het, die konneksies gemaak met beelde en betekenisse en kan ek nou lees wat daar staan, geskryf in Bybelse Hebreeus.
Hoe kan ons anders as om verstom te staan oor ons Skeppergod se vermoëns?
Aan die een kant is dit wonderlik om nog ‘n taal te leer, maar vanoggend oppad kerk toe besef ek dat ek dit nou in drie tale kan sê:
(1) The glass is empty,
(2) die glas is leeg en
(3) ha kos reqha.
Hierdie glas was vanoggend sommer baie leeg.
In-drie-tale leeg.
Gisteraand wonder ek nog hoe ek dalk heel-heel-heel agter in die kerk kan sit vanoggend waar niemand my kan sien nie, want ek wou so graag gaan, maar ek het so onwaardig gevoel.
Daar is nie regtig ‘n heel-heel-heel agter in ons kerk waar niemand jou kan sien nie, ontdek ek toe vanoggend, en neem maar ons gereelde plekkie in. Vasbeslote om myself so klein as moontlik te hou.
Maar die vriendelike, nou amper vriende-gesiggies, duik oral om my op en toe die musiek eers begin speel, kan ek voel hoe die eerste nattigheid begin inloop, die dofgeit verdwyn.
Gisteroggend vra ek my man vir die koorsblaarroompie wat hy nog laaste gehad het, en ‘n rukkie later ontdek hy dit toe hy sy rugsak omdop om ‘n bietjie van al die gemors daarin ontslae te raak.
Nes hy nodig gehad het om leeg te maak om te kry waarna hy gesoek het,
net so het ek nodig gehad om my glas leeg te maak van
al die ou taaigeit van ander mense se opinies, die
leeggekoude chappies van dit wat nie meer ‘n doel dien nie, en die
verfrommelde tissues waarin al my spytgeit lê.
Eers toe ek dit kon zirts-in-die-Zibi, was daar plek vir die nuwe wyn.
“Jy lyk beter,” sê my man vanaand.
Ek voel beter.
“We continue to shout our praise even when we’re hemmed in with troubles,
because we know how troubles can develop passionate patience in us,
and how that patience in turn forges the tempered steel of virtue,
keeping us alert for whatever God will do next.
In alert expectancy such as this, we’re never left feeling shortchanged.
Quite the contrary—we can’t round up enough containers to hold everything God
generously pours into our lives through the Holy Spirit!”
Romans 5:2 The Message
* Van regs na links, want die vroegste geskrifte is met hamer en beitel uit klip gekap, en die kappers was gewoonlik regshandig. So kon die “skrywer” sien wat hy skryf…
Jou inspirasie vir die week: God problems
Comentarios