“Where sin had been, there He went.
Where sin was, there He came.
What sin had done, that He strove to remedy.
The suffering made for Him a sphere.”
R. Tuck
Haar naam is Ivanka en kort nadat al die gruwels van Bucha se massamoorde aan die lig gekom het, het sy besluit om haar hulp juis in daardie deel van die Oekraïne te gaan aanbied. In die strate van Bucha ontmoet sy eendag ‘n man wat vertel hoedat hy alles daar verloor het. Sy seun is geskiet, ‘n bom het sy huis platgevee.
“There is no joy left for me in this town,” het hy gesê. “The bullet holes in my fence remind me of all that I’ve lost.”
Dit is maar net een van te veel tragiese stories uit hierdie tyd en hierdie omgewing.
‘n Eerste reaksie sou dalk wees om die man se huis weer te help herbou, die stukkies van sy lewe te help optel. Niemand kan sy seun weer terugbring nie, maar ons kan die gaatjies toestop, of as dit moet, ‘n nuwe heining bou.
Maar Ivanka kyk anders hierna.
Sigmund Freud skryf in 1929 oor die proses van rou:
“No matter what may fill the gap, even if it be filled completely,
it nevertheless remains something else.
And actually that is how it should be.
It is the only way of perpetuating that love
which we do not want to relinquish.”
En Ivanka begin blommetjies verf om al die bullet holes in Bucha. Geel en blou blommetjies, soos dit hoort, slaan oral op. Die leeg waar daar netnou maar net nog ‘n gat van verwoesting was, word nou ‘n testament van hoop.
Sy begin by daardie man se heining en eerder as om die slegte herinneringe te probeer toemaak - asof dit nooit gebeur het nie, asof sy seun nooit bestaan het nie - maak sy die harde buitelyne daarvan sagter, trek dit die oog juis na die middelpunt van die seer toe, voordat ‘n mens se blik wyer gaan en jy die nuwe lewe sien opstaan.
Jesus het nooit die hartseer van mense probeer wegpraat nie. Hy het nooit na maniere gesoek om ongemaklike oomblikke te vermy nie. Inteendeel, Hy gaan soek die een in pyn op by ‘n waterput, in ‘n storm, langs ‘n graf.
Petrus se verraad, Tomas se twyfel, Paulus se verlede… hoekom sou die Here wou hê dat ons dit moet weet?
Sou Sy storie nie soveel beter gewees het as dit sonder enige skrapnel gate vertel kon word nie?
Die ou Bybelvertalings leer ons dat Hy nie ‘n geknakte riet sal breek nie, ‘n lamppit wat rook, nie uit sal doof nie.
Maar as ons die wydheid van Sy genade en liefde vir ons wil verstaan, is dit goed om te weet hoe stukkend daardie heining eers was:
“He won’t walk over anyone’s feelings,
won’t push you into a corner.
Before you know it, his justice will triumph;
the mere sound of his name will signal hope, even
among far-off unbelievers.”
Matthew 12:21 The Message
Hy maak nie of die heining nooit stukkend was nie.
Hy maak bloot die heining weer mooi.
En die mense wat dáár verbyloop, kry weer hoop.
Jou inspirasie vir die week: Plans
コメント