My man het so ‘n paar weke terug vir my vertel hoe hy altyd die Vaderhart van God ervaar.
Veronderstel jy en jou kleuter loop op die sypaadjie langs die besige straat af en jy sien dat Junior nie die pakkie sien wat Woef daar gelos het nie. Die kans is goed dat jy hom met mening sal terugruk van dit af, maar as dit reeds te laat is, sal jy hom nie net los sodat hy dalk voor ‘n kar beland nie.
Nee, jy sal by die naaste grasperk en kraan help om hom weer mooi skoon te kry voordat jy weer sy hand vat en verder loop, met ‘n nuwe pad langs.
Ek wil my eie stertjie hier bylas.
Selfs al sou Junior aspris daardie pakkie laat spat, is die kans goed dat jy steeds sal help skoonmaak, trane afvee en wegkeer van die besige straat af.
“A man may see a strange child doing a disgraceful action and
may take comparatively little notice;
but if it be his own son, whom he loves,
will he not feel and resent it then as otherwise he never would?”
S. Conway
Of ek nou die onheil op my pad van ver af sien, of dalk eers die skade daarvan besef as ek sukkel om die klankie van my af te kry, ek bly die Here se kind. Maar dan moet ek ook glo dat al my aspris en opsetlike teengaan van Sy wil in my lewe, Hom diep moet bedroef.
Méér as al die verskriklike goed wat ander doen in hierdie wêreld – die wat nie aan Hom behoort nie.
My eie falinge is nie noodwendig onbeskryflike, bloeddorstige goed nie.
Soms bid ek tot my Vader, sê amen, en worry dan verder.
Die Here was so goed vir die Volk en al wat Hy gevra het is dat hulle sou Listen, Trust and Obey. Nes ons van ons eie kinders ook vra.
Maar wat dan as Junior opsetlik jou hand los en in die straat inhardloop? Dit is ‘n beeld wat geen ouer ooit wil sien nie.
As ons – die kinders van Sy hart – opsetlik kant kies teen hom, weier om te luister en te vertrou en te gehoorsaam… Die einde van daardie storie is nie mooi nie.
“People of Judah,
don’t be too proud to listen
to what the Lord has said.
You hope for light,
but God is sending darkness.
Evening shadows already deepen
in the hills.”
Jeremia was op ‘n baie slegte plek waar die Here nie eers wou hê dat hy vir die Volk moes intree nie.
Watter sidderende gedagte is dit nie!
Maar een ding het Jeremia geweet: Die Here sal nooit ‘n opreg berouvolle hart wegwys nie.
“So return to God
and confess your sins to Him
before you trip and fall.”
Jeremiah 13:15 CEV
Dit het tyd geword om, moedig soos Dawid, te vra: “Here, ondersoek my hart en wys my waar my vingers besig is om los te raak van U s’n.”
Help my dan om te luister, Here.
Help my om te vertrou.
En help my om gehoorsaam te bly.
Jou temalied vir die week: Here in the presence
コメント