top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Die roete uit 'n selfopgelegde hel


Begin van die week gun die Here my 3 dae in my eie persoonlike hel.

Daar waar ‘n mens ver van die Here af voel, want jou Self het tussen julle kom staan.

Gun Hy my dit, want Hy neem niemand met geweld terug nie.

Dit moet ‘n keuse wees.


Vir drie dae loop ek met ‘n digte, donker Johannesburg-roet wolk van self-righteousness wat my liggie dof maak. Soveel so dat mense vra wat is fout.

My man koop blomme.

Niks help nie.

Want ek moes eers plat op my gesig voor die Here val en bely:


Dit is nie ek wat te na gekom is nie.

Dit is my dienaarhart wat liggies getoets-tik is en te maklik versplinter het.


Teen Donderdag brand die vuur weer volsterkte in my, maar ek kan nie help om te wonder wat ek in my donker sleepsel agtergelaat het nie.


Toe lees ek díé:


“I’ve learned that when I have a snarky attitude

Jesus Christ of Nazareth is standing near me…

watching.

And He’s prepared to repair what I do against His beloved.

Prepared to put the ear back.”


Dank die Here dat Sy liefde die mense rondom my beskerm.

Teen my, soms.


Dr Rian Steyn van Londen SA Gemeente praat vanoggend oor die bruilofsfees by Kana waar Jesus Sy eerste wonderwerk gedoen het:


“Hierdie eerste wonderteken het Jesus in Kana, in Galilea, gedoen. Hy het sy Goddelike heerlikheid op só ’n manier sigbaar gemaak…

Johannes 2:11 NLV


En dan:


“…en sy dissipels het in Hom begin glo.”


Dit is seker nie die eerste keer dat ek dit raaklees nie, maar vandag kry dit vir my nuwe betekenis.


Jesus het hulle nie geroep omdat hulle geloof reeds sterk en standhoudend en onfeilbaar was nie.

Hy het geweet hulle glo was nog in wording.

Hulle sou nog foute maak en lesse leer.

En dit was okay.


Dat ‘n God met soveel insig in die feilbaarheid van die mens, wat steeds met soveel deernis Sy uitgesoektes kan oproep tot diens en hulle sommer byvoorbaat kan verskoon vir die foute wat hulle sal maak op die pad… dat so ‘n God ons Sy kinders noem, laat my brein bloei.


Gelukkig hoef ek dit nie uit te werk nie.

Ek moet dit net glo.



Jou inspirasie vir die week: God help me



bottom of page