Grootword is eintlik vrek interessant. Dalk nou nie soseer terwyl jy besig is om groot te word nie, maar as jou ouer self terugkyk en dink aan al die goed wat jy moes leer van die lewe, dan is dit fassinerend om te dink hoedat ‘n mens leer en ontwikkel soos wat meer eise aan ons gestel word.
Dit was vir my omtrent ‘n eye opener toe ek die eerste keer hoor van skuld wat “verjaar”. Dit is nou wanneer “ou skuld” verval, en jy nie meer wetlik aanspreeklik is daarvoor nie.
En as ‘n skuldinvorderaar jou kontak om skuld wat reeds verjaar het te betaal, is dit onwettig en kan hulle in groot moeilikheid beland.
Kan jy nou meer. Dink net aan die verligting!
Verstaan my nou mooi – ek praat niemand aan om hulle verpligtinge te ontduik nie! Maar ek kan verstaan hoedat ‘n alleenmamma met ‘n paar rand se skoolklereskuld van PEP in haar hart juig as sy besef daai skuld is af van haar af.
R.M. Edgar skryf:
Experience is only perfected when God is praised.
Sagaria en Elisabet het gewag en gewag en gewag, maar daar sou vir hulle geen nageslag wees nie. Of so het hulle gedink.
Tot daardie dag dat die engel Gabriël vir hulle die nuus van Johannes se geboorte gebring het. Arme Sagaria, ook maar net mens, se twyfel loop by sy mond uit. En die Here vat Sy stem weg.
But the angel said, “I am Gabriel, the sentinel of God, sent especially to bring you this glad news. But because you won’t believe me, you’ll be unable to say a word
until the day of your son’s birth. Every word I’ve spoken to you
will come true on time—God’s time.”
Om die hele tyd met die swaard van skuld oor jou kop te loop, of te leef met die gevolge van jou eie swakheid, is bitter swaar.
Vir Sagaria was dit dalk nog so ‘n ekstra dolk in die hart toe die jonge Maria vir ‘n paar maande by Elisabet kom kuier het en hy elke dag moes luister hoe hierdie twee nuwe mammas opgewonde gesels oor die twee nuwe lewetjies wat oppad is.
Terwyl hy stom moes bly.
Maar die bitter deel is net die een helfte van die storie.
Daar ís ‘n ander helfte.
Asking for a tablet, Zachariah wrote, “His name is to be John.”
That took everyone by surprise.
Surprise followed surprise—Zachariah’s mouth was now open, his tongue loose,
and he was talking, praising God!
Wanneer ons terugkyk en die donker deel van ons pad kan sien vanuit die lig waarin ons nou staan, wanneer ons dít kan doen en die Here kan prys, dan het die tweede helfte begin. En die tweede helfte is altyd die beste helfte, want dit is dan dat ‘n mens besef Hy was in elke hoofstuk ingeskryf.
Dan het die ervaring uiteindelik sy doel gedien.
Jou inspirasie vir die week: Heart of the Father
Comments