top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Die Veilige Gees





Het jy jouself al gevang dat jy diep persoonlike goed uitblaker teenoor iemand wat feitlik nog vreemdeling is?

Soms is jy die uitblakerer en soms is jy die vreemdeling en altwee kan effens ongemaklik voel.

TMI, jy weet.

Too much information.


Maar hoekom gebeur dit?


Iemand het eenkeer so ‘n mooi storie vertel waarin ons Trooster die Veilige Gees genoem word.

Veilig.


Wanneer mense veilig voel, deel hulle sonder vrees vir verwerping.

Wanneer mense veilig voel, kan hulle die loop-op-eiers woordkotteljons laat staan en dinge sê soos dit is.

Wanneer mense veilig voel, laat sak hulle die skild wat hulle mees kwesbare self beskerm.

Wanneer mense veilig voel, fokus hulle beter op die waarheid.

Wanneer mense veilig voel, is hulle bereid om vir hulp te vra, en dit te gee.

Wanneer mense veilig voel, sak hulle skouers, haal hulle diep-long asem, kan hulle lééf.


Soms is dit moeilik om in die donker nag van onregverdigheid veilig te voel.


Die apostels sou dit moontlik ervaar het toe hulle, ten spyte van hulle goeie werke, in die tronk gegooi is (herhaaldelik).


Maar vir die regverdige is daar altyd ‘n nuwe dag:


Provoked mightily by all this, the Chief Priest and those on his side, mainly the sect of Sadducees, went into action, arrested the apostles and put them in the town jail. But during the night an angel of God opened the jailhouse door and led them out.

He said, “Go to the Temple and take your stand.

Tell the people everything there is to say about this Life.”

Promptly obedient, they entered the Temple at daybreak and went on with their teaching.

Acts 5:17 The Message


During the night… at daybreak.

During the night… at daybreak.


Soms ontmoet ek die Veilige Gees in my nag.

En soms stuur Hy in my nag Sy ambassadeurs

(met mensvelletjies om),

veiligheid in hulle teenwoordigheid,

om my moed te gee

vir die dagbreek

wat belowe is.


Mag die veiligheid wat my gegun is,

die geskenk wees wat ek in die nuwe dag

gereed kan maak vir iemand anders se nag.


Mag mense my veilig vind.



Jou inspirasie vir die week: Safe



Comments


bottom of page