top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Selfs ons struggles word versigtig afgemeet


Tien jaar terug op hierdie dag, was dit ‘n gewone Dinsdag vir baie.

‘n Sonnige Oktobermiddag in Bloemfontein.

Heel moontlik die tipe van dae waarna Leipoldt verwys het.


Ek dink vandag die eerste keer daaraan dat ek my eerste

aarde-asem geneem het,

op dieselfde weeksdag dat Stelltjie haar eerste

hemel-asem geneem het,

net 36 jaar uitmekaar.


Ek wonder of Dinsdae Sy favourite is?

Dalk omdat dit die derde dag is…?


In die Joodse kalender val die derde dag van die week op ‘n Dinsdag, en in Genesis lees ons dat die Skepper op daardie dag twee keer sou sê, “…en dit was goed.”


The Third Day

God said, “I command the water under the sky to come together in one place, so there will be dry ground.” And that's what happened.

God named the dry ground “Land,” and He named the water “Ocean.”

God looked at what He had done and saw that it was good.

God said, “I command the earth to produce all kinds of plants, including fruit trees and grain.”

And that's what happened. The earth produced all kinds of vegetation.

God looked at what He had done, and it was good.

Evening came, then morning—that was the third day.

Genesis 1:9 CEV


Wanneer ‘n mens binne-in jou houe-tyd is (sien https://www.facebook.com/reel/1534120717393122) is dit moeilik om te sien hoe enige iets goed daaruit kan kom.


Maar van die begin van álles af lees ons al dat in die derde dag, alles dubbel so goed was.

Dalk is jy net nog nie by Dag 3 nie.


Soms vat jy houe vandat jy op die veld draf en niks wil reg loop nie.

Dit wat jy gedink het is goeie planne, is toe nie sulke goeie planne nie, en die modderstrepe oor jou maskara vertel van hoe hard jy baklei om kop bo water te hou.


Maar toe kom die derde dag.

En die graf is leeg.

En die vroue juig.

En al hulle hartseer was op ‘n einde.


In my hart glo ek saam met daardie mooi jong vrou in Amsterdam met die Afrika-oorbelle, dat die één verskil wat Suid-Afrika anders maak,

nie die unieke uitdagings of

die son of

die kultuur is nie,

maar Suid-Afrikaners se diep liefde vir die Here.


Dalk sukkel jy nou om te onthou dat daar ooit die belofte van ‘n derde dag was.


Laat jou diep liefde vir die Here dan die knoop in jou oor wees vandag:

Selfs ons struggles word versigtig afgemeet.

Sunday is coming.



Jou inspirasie vir die week: Strong



bottom of page