top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Kleintjies welkom

Writer's picture: Maxie HeppellMaxie Heppell

Ek het COVID.


Twee dae in, misgis ek my vroegoggend met hoeveel trappe oor is en nou is daaaai selfde voet alweer opgepof en blou.


Ek het COVID, en

my voet pyn.


Daar is mense met COVID en

voete wat pyn

wat moet vlug vir hulle lewens vandag.


Job kon U loof

toe U neem

ook,

Here.

So lees ek.

Al wil my Ek-verstaan-nie

regop beur vandag,

my Ek-glo vat haar saggies

aan die hand.

Sy’s nog klein.

Maar sy leer.


Dankie dat U nooit die kleintjies wegwys nie.



Jou inspirasie vir die week: He’s never gunna change



Comments


  • White Facebook Icon
Bietjie oor my

Vir baie lank het my lewe nie regtig rigting gehad nie.

'n Gekompliseerde kindertyd, verkeerde keuses (en die gevolge daarvan) het my gevange gehou. Tot daardie dag dat die Here Sy kind uit die modder opgetel en haar voete stewig op Vaste Rots laat land het.

Psalm 40 bly tot vandag toe 'n groot favourite!

 

Lees meer hier...

 

© 2023 by Going Places. Proudly created with Wix.com

bottom of page