top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Maar wat van Maria se ma?



While he was trying to figure a way out,

he had a dream. God’s angel spoke in the dream:

“Joseph, son of David, don’t hesitate to get married.

Mary’s pregnancy is Spirit-conceived.”

Matthew 1:20 The Message


Dis weer daardie tyd van die jaar wanneer ons praat oor herders, wyse manne en Maria.


Maar wat van Maria se ma?


Dink ons ooit daaraan dat iemand Maria so sou grootmaak

dat sy guns by God sou vind?

Dink ons ooit daaraan dat iemand Maria so sou grootmaak

dat sy reinheid sou koester?

Dink ons ooit daaraan dat iemand Maria so sou grootmaak

dat sy Josef sou eer?


Dink ons ooit daaraan dat iemand Maria so sou grootmaak dat sy die stem van die Here sou ken wanneer dit na haar toe kom na ‘n leeftyd van stilte?


Ons ken nie haar naam nie.

Sy was maar net “Maria se ma.”


Ons weet nie hoe haar opstaan en haar uitgaan en haar inkom gelyk het elke dag nie.

Ons weet nie of sy getroud was en of sy gelukkig getroud was nie.

Al wat ons weet, is dat sy die moeder van Christus grootgemaak het.


Sy het haar dogter so groot gemaak dat toe die oë van die Here kruis en dwars oor die wêreld soek, die lewe van haar dogter soos ‘n blink baken van bo-op ‘n bergtop uitgeroep het, “hier is ek! Gebruik my!”

Sy het haar dogter grootgemaak om die Here te vrees, selfs toe Hy stil was.

Dit is wat ons weet.


Maria se ma het nie ‘n ontmoeting met ‘n engel gehad nie.

Niemand het vir Maria se ma verduidelik hoe sy haar dogter moes grootmaak sodat die Here haar kragtig kan gebruik nie.

Maria se ma het haar net sorgsaam grootgemaak.


Maria se ma het nie ‘n ontmoeting met ‘n engel gehad wat vir haar gesê het om haar kind so groot te maak dat wanneer haar man haar eendag vra om na Bethlehem te reis terwyl sy ver swanger was, of wanneer hy vir haar in die middel van die nag sou sê dat hulle moes vlug voor Herodes se toorn, dat sy haar vertroue in hom moes sit as die hoof van hulle huis sodat sy haar rol as die mamma van Jesus kon voortleef nie.


Maria se ma het nie ‘n ontmoeting met ‘n engel gehad wat vir haar ‘n woord gegee het om aan vas te klou in die donker, stil jare van kind grootmaak nie.

Maar sy het vasgehou aan die woorde van God wat sy wel gehad het.

Sy het gekies om daardie woorde te vertrou, engel of nie.


En haar huis het geskitter met Goddelike guns,

want sy het keuses gemaak in die donker,

wat die hele wêreld geraak het.


“Mary, did you know?”

Maria het, ten dele.


Maar Maria se ma?

Sy het geen idee gehad nie.


Maar sy het gekies om 'n dogter groot te maak wat die Here kon gebruik.

En daardie keuse raak ons almal vandag nog.


Wie jy grootmaak, kan die ewigheid beïnvloed.

Die voorbeeld wat jy in die huwelik stel, kan die ewigheid beïnvloed.

Jou huis kan die poorte van die Hel laat bewe.


Maar dit begin by jou.


(Losweg vertaal uit die oorspronklike teks geskryf deur Sarah Trent)


Jou inspirasie vir die week: Manger throne



コメント


bottom of page