top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Die waarde van 'n siel

Updated: Feb 4, 2023




“In the UK, a man kills himself every two hours…”

Heart FM, 6 Oktober 2022


Gister kuier ek saam met ‘n klompie vroue van die SA Gemeente in Birmingham en vanoggend vra een van die mooie dames dat ek asseblief saam met haar vir haar man sal bid, dat hy die krag sal ontvang om die visie wat die Here hom gegee het, met moed sal najaag.


En ek besef net weer: Ons manne het ons gebede meer nodig as enige iets anders.


Reeds in Suid-Afrika al het ons tweetjies al die tv-reekse oor huisverbouïngs en opknappings getrou gevolg. Die wow-oomblik was altyd heel aan die einde van ‘n program, wanneer die produksiespan spesifieke vóór- en ná-skote van die betrokke huis wys. Alhoewel nie altyd in ons smaak verfraai nie, was die bouwerk altyd ‘n groot verbetering!


Een ding wat elke liewe reeks egter in gemeen het, is die dringendheid waarmee die hoofkontrakteur alle werk stop wanneer ‘n fout in die fondasie gevind word. Geen verfwerk kan voortgaan, geen nuwe kombuis word geïnstalleer, geen nuwe matte gelê, voordat die onderliggende fondasie nie uitgesorteer is nie.

Tot die binneshuise ontwerper se ontsteltenis.


Maar daarsonder help al die mooimaak net mooi niks.

Niemand sal in vrede in daardie huis kan bly nie.


“These words I speak to you are not incidental additions to your life,

homeowner improvements to your standard of living.

They are foundational words, words to build a life on.

If you work these words into your life, you are like a smart carpenter

who built his house on solid rock.

Rain poured down, the river flooded, a tornado hit—but nothing moved that house.

It was fixed to the rock.


But if you just use my words in Bible studies and don’t work them into your life,

you are like a stupid carpenter who built his house on the sandy beach.

When a storm rolled in and the waves came up, it collapsed like a house of cards.”

Matt 7:24 The Message


Pappie kan die mooiste kuite in die buurt hê, sy kar altyd mooi skoon en blink, sy klere fyn gestryk en sy skoene blink gepolish.


Maar as sy hart nie in die Ewige Rots ingebou is nie, sal die storms van die lewe geen respek hê vir sy bankbalans, sy stand in die gemeenskap of sy spierkrag nie.


En jy, Mammie, is deel van God se plan.

Jy is nie net langs jou man geplant om na sy liggaam om te sien nie.

Jy mag nooit die krag van jou gebed vir die man in jou lewe onderskat nie.


Ja, die Gees werk geloof in menseharte, maar vrouens wat vir hulle mans bid, gaan sit hulle vleiskombersies by Christus se voete neer en pleit namens die Adams vir Christus se genade – soos hulle dit self reeds ervaar het.


Wys jou man die mooi uitsig van die Rots se boonste punt af.

Maar help dra aan die sand, die sement, die stene.

En bid.


Sy siel is soveel meer werd as sy sin vir humor.




Jou weeklikse inspirasie: It’s always been You



Comments


bottom of page