top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Die Weggooi Boks


Moeder Theresa se woorde het hierdie week ‘n gat dwarsdeur die solderplankies van my hart kom trap:


“To forgive takes love.

To forget takes humility.”


Sit net so vir ‘n oomblik met hierdie een.






Daar is ‘n stokoue, tot-vervelens-toe rondgestuurde gediggie oor hoe die Here juis vir jou berge gee om te klim, wanneer jy Hom vra vir krag. Of onmenslik-moeilike mense oor jou pad stuur, wanneer emmers vol geduld op jou lysie is.


En dan voel dit vir my, juis wanneer ek Hom vra om my nederig te hou, daar houe na my kant toe kom wat so. moeilik. is. om. te. vergeet… Wat my kort-kort van my troontjie afstamp, of die stoel onder my uittrek sodra ek net lekker my sit gekry het.


Want ek is meer werd as wat ek kry.

Ek verdien beter.


Régtig?


As ek dan elke liewe dag nog saam met Dawid moet bid:


“Keep Your promise

and don’t let me stumble

or let sin control my life”

Psalm 119:133 CEV

?


Die Here weet hierdie kind van Hom is lief vir prentjies, so Hy stuur my hierdie een:


Ek – tingerige stokmannetjie – wat ‘n boks vol wrewelrigheid uit die lug vang, maar so vinnig as wat dit in my hande beland, gooi ek dit met ‘n boog op na Hom toe.


Give-it-away, give-it-away, give-it-away, pass-it-on, let-it-go…

Weer en weer en weer…


Vang, laat gaan, vang, laat gaan… want met daai boks vol doodsbeendere wil ek nie een oomblik langer sit as wat nodig is nie. Dit maak my hartseer en druk die trots van onder af op in my keel tot ek wil stik aan die onregverdigheid daarvan.


Maar sodra ek dit laat gaan, is die swaargeit weg en kan ek beter asemhaal.

Kan ek die Goeie weggee, eerder as die Slegte weggooi.


Die Here hoor my egter – dieselfde boks, met dieselfde witgebleikte dood, beland gereeld in hierdie hande. As ek ooit sou nalaat om dit te laat gaan, sal die gewig daarvan my ‘n stadige dryfsand-dood laat sterf.


Give-it-away, give-it-away, give-it-away, pass-it-on, let-it-go…


Weer en weer en weer…



Jou temalied vir die week: Worn

Comments


bottom of page