top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Dieper

Updated: Feb 6, 2023




Dit was net na 8am een oggend hierdie week toe ek myself êrens op die A5 noorde toe bevind, my eerste stop vir die dag reeds gemaak.


Oral langs die hoofweë is daar aftrekplekke vir vragmotors, maar teen hierdie tyd van die oggend was meeste van hulle reeds verlate, hulle drywers moontlik opsoek na hulle eerste koffiestop om die dag mee te begin.


Behalwe vir hierdie een plek langs die pad. Soos wat ek aangery kom, herken ek reeds die babablou Amazon Prime trok en onwillekeurig gee my Suid-Afrikaanse hart ‘n effense ruk… Die yslike staaldeure staan wawyd oop en agterin is die wa dolleeg.


Kaping?

Gewapende roof?


“Nee”, kom wikkel my Britse brein hom in my selfgesprek in.

“Wanneer die trokdrywers die deure ooplos sodat wie-ookal kan sien daar is niks van waarde binne-in nie, kry hulle (die drywers) hopelik ‘n goeie nag se rus.”


Ek kan nie help om te dink dat daar tye is dat leegwees beter is as volwees nie.


Leeg van afguns, angstigheid, venyn, onvergewensgesindheid.

Want sodra die vyand sien dat ek ‘n wavrag van hierdie goed het, kan hy dit teen my gebruik om my te laat verstaan dat die Here nie plek het aan Sy tafel vir iemand so sondebelaai soos ek nie.


Maar as ek gereeld my vrag gaan leegmaak – dit sélf by die Here se voete gaan neersit – ontneem ek hom nie net die genot wat die verpesting uit my verleentheid sou kry nie, maar bely ek elke keer op hierdie manier dat ek my uitnodiging na Sy feestafel met dankbaarheid aanvaar.


Die ding is, daardie vragmotor sou heel moontlik ‘n nuwe vrag optel nog voor sy eerste garage pie middagete.

Daar is ‘n Engelse spreekwoord wat lui: “Nothing is certain but death and taxes.”

En sonde.


Solank ons aan hierdie kant van die hemel is, sal die duiwel dit gedurigdeur gebruik om ‘n wig tussen ons en ons God in te skuif.

Probeer gebruik.


Daar is ‘n teenvoeter hiervoor.


“But if you just use my words in Bible studies and don’t work them into your life,

you are like a stupid carpenter who built his house on the sandy beach.

When a storm rolled in and the waves came up,

it collapsed like a house of cards.”

Mattheus 7:28 The Message


‘n Gesellige kuier om koffie en ‘n paar oop Bybels terwyl ons in gebed intree vir mekaar is ‘n troos.

Wanneer daardie selfde gesprekke oorloop in my lewe buitekant die binnekring, dan word dit ‘n skild en ‘n wapen en terselfdertyd ook die fondasie van ‘n dieper geloof.


Maak leeg.

Skud die sand van jou voete af.

Daar is dieper dinge wat wag.



Jou inspirasie vir die week: God is on the move





bottom of page