top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Don't leave the gym early



Wat doen ‘n mens wanneer daar niks is wat jy kan doen nie?


Gepleit… gedoen.

Geweenklaag… gedoen.

Gekners van tande… gedoen.


Die siekte is nog steeds daar.

Die skadu oor die langslewendheid van my inkomste is nog steeds daar.

Die gordyn bo-oor die Here se plan vir my lewe bly hang sonder om te roer.


Vanoggend kom breek Andy Stanley (Charles Stanley Jnr) vir my opnuut weer hierdie gedeelte in Jakobus oop, en soos my liewe vriendinne in die Oos-Kaap sal sê: “…dit kom stig my!”


“Consider it pure joy, my brothers and sisters, whenever you face trials of many kinds…”


Is jy nou ernstig?, vra jy.

Hoe kan ek vreugde hê as die donker my omvou van alle kante?, vra jy.

Jy het duidelik nie ‘n idee nie, sê die flits in jou oë.


“…because you know that the testing of your faith produces perseverance.”


Want jy wás al hier gewees.

Jy het dalk net vergeet.

Elke keer dat jou geloof getoets is en goed gevind is, het dit bietjie sterker anderkant uitgekom.

Elke keer dat jou geloof getoets is en goed gevind is, het dit diegene rondom jou se geloof ‘n nuwe rankplankie gegee.


“Let perseverance finish its work so that you may be mature and complete, not lacking anything.”


Don’t leave the gym early.

Bly.

Totdat jou statiese geloofspiere opgewarm is, uitgerek is, pyn van die inspanning.

Want eers as die pyn begin, begin die groei.


“If any of you lacks wisdom, you should ask God,

who gives generously to all without finding fault, and it will be given to you.”


Die kans is daar dat dit nie vir jou sal sin maak nie.

Maar Hy gee sin aan ons lewe.

Vra Hom om Sy oë vir jou te leen.

Vra Hom om jou te laat sien wat Hy sien.


“Blessed is the one who perseveres under trial because, having stood the test,

that person will receive the crown of life that the Lord has promised to those who love Him.”

James 1:1-12 NIV


Want as ek bly en ek ly deur elke toets heen en ek groei en ek word sterker,

sal ek iets ontdek van myself,

van my geloof, en

van my God.


“God will use this until He chooses

to remove this.”

Andy Stanley


My lewe was nog altyd in Sy hande.

En niks het verander nie.




Jou inspirasie vir die week: Faithful


Comments


bottom of page