top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Druktyd


Ons rukkie in die buiteland het my nou al ‘n paar unieke goed geleer.


Ek weet nou dat jy nie veronderstel is om met ‘speed control’ te ry wanneer dit reën nie, die Royal Air Force is die eerste onafhanklike lugmag in die wêreld en laboratorium diamante is ‘n ding.


Dit hoef my seker nie so te verbaas nie, want as die slim mense met die dik brille en stofjaste ‘n skaap kan kloon, hoekom nie diamante ook nie?


Maar hoe vergelyk hulle met in-die-aarde-onder-intense-druk-gevormde diamante?


Vandag is laboratorium diamante soms meer as die helfte goedkoper as die ware Jakob en die rede hiervoor is - soos alles maar in hierdie lewe - die hoeveelheid daarvan.


Omdat hierdie klippies sommer duisende op ‘n slag oor ‘n kort tydperk gevorm kan word, is mense gewoonlik nie bereid om baie daarvoor te betaal nie.


Die waarde van die vinnige-klippies kan ook nie regtig vergelyk word met die van regte diamante nie. Diamante in hulle eie, egte en oorspronklike vorm behou veel meer van hulle inherente waarde.


Vanoggend plaas ek ‘n stukkie wat iemand geskryf het oor hoe die grootste geeste in die Bybel nodig gehad het om onbeskryflike druk te ervaar sodat ons, ek en jy, uiteindelik voordeel kon trek uit hulle lyding.


Jesus ook.


Die smal pad na wysheid en empatie en ‘n intense liefde vir jou medemens, loop gewoonlik al langs die lande van lyding en hartseer en beproewing.


Omdat Jesus self blootgestel was aan al die fasette van menswees – ook die intense druk van mense en roeping – en vas bly staan het, kan ons glo in die moontlikheid daarvan in ons eie lewens ook.


“Never underestimate what God could do

in you

for you

through you.”



Daar is nie ‘n kortpad tot by wysheid nie.


Die tientalle selfhelpboeke op die rak en die studiegidse van jare se Bybelstudiegroepies in bokse in die garage, leer ons kopkennis en is nodig.


Maar hartskennis neem tyd.

Druk.

En ons eie belewenis daarvan.


Vir solank as wat Hy dit nodig ag.


“You know that under pressure,

your faith-life is forced into the open and shows its true colors.

So don't try to get out of anything prematurely.

Let it do its work so you become mature and well-developed,

not deficient in any way.

If you don't know what you're doing, pray to the Father.

He loves to help.

You'll get his help, and won't be condescended to when you ask for it.”

James 1:3 The Message



(Hierdie selfde gedeelte het ‘n paar weke gelede ook met my hart gepraat.

Hoe wonderlik is dit dat die Bybel se boodskap vars en nuut bly,

dieselfde verse,

jaar na jaar na jaar…)



Jou inspirasie vir die week: Show you the cross




Comments


bottom of page