top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Drukverandering


Seker een van díé aardigste goed is daai gevoel wat jy kry wanneer jy by ‘n vertrek instap en die atmosfeer is so dik dat jy dit met ‘n mes kan sny.


Of ‘n nuwe karakter betreë die spasie en skielik kyk almal deur hulle kniekoppe soos wat hulle op eiers probeer loop.


Verskillende mense hanteer hierdie situasies op verskillende maniere.


Daar is die Intrekkers. Dit is nou diegene wat soos ‘n shongololo maak en hulself binne-in hulself soos ‘n bondeltjie oprol en tjoepstil bly sodat hulle hopelik nie raakgesien word wanneer díé bom bars nie.


Daar is die Voorryers. Hulle duik kop eerste in die situasie in en wil dit vinnig-vinnig oplos en uitsorteer sodat almal kan aangaan met die game.


En dan is daar die Twinkle Toes, salig onbewus van enige gevoelenthede, en regtig nie gepla met enige atmosferiese versteurings nie.


As jy ‘n Empaat is, aan die ander kant, dan staan jou armhare op aandag met die kleinste golfverwisseling. Of jy die moed het om iets daaraan te doen, is heel moontlik hoogs afhanklik van die dag waarin jy jou bevind… Soms is jy Tarzan, en soms is jy Jane.


En dis okay.


Want hierdie week bly daar ‘n reëltjie in my kop maal: “Jesus, come and change the atmosphere.”


As jy kan voel die storms broei en ewe skielik is daar net donderslae en bliksemstrale rondom jou…

Jesus, come and change the atmosphere.


As die koskas leeg raak en oë kyk na jou en na die broodjies en vissies en jou moed sak…

Jesus, come and change the atmosphere.


As dit tekens van dood wys en kort-voor-lank hang die reuk in die lug en jy voel die grond onder jou padgee…

Jesus, come and change the atmosphere.


As dieselfde woorde en dieselfde rituele en dieselfde gebede en dieselfde wysies jou siel leeg laat van alle heilige opwinding…

Jesus, come and change the atmosphere.


Wanneer jou môre-berg se skaduwee lank oor vandag val en jou hart in jou keel sit…

Jesus, come and change the atmosphere.


Soveel keer kom verander Hy nie noodwendig die atmosfeer óm ons nie,

maar die atmosfeer ín ons.


Dan word ons Frodo Baggins wat met die mees onwaarskynlike, mees onverwagte moed sy kruis optel en die pad aandurf, deur die dale van doodskaduwee en oor die onbewaakte vlaktes van eensaamheid en eierdoppe.


Vreesloos was nooit ‘n woord om die Hobbits te beskryf nie.

Maar Jesus came and changed the atmosphere.


“…and then He told me:


‘My grace is enough; it’s all you need.

My strength comes into its own in your weakness.’


Once I heard that, I was glad to let it happen. I quit focusing on the handicap and began appreciating the gift. It was a case of Christ’s strength moving in on my weakness.

Now I take limitations in stride, and with good cheer, these limitations that cut me down to size—abuse, accidents, opposition, bad breaks.

I just let Christ take over!

And so the weaker I get, the stronger I become.”

2 Corinthians 12:9 The Message



Jou inspirasie vir die week: Only Jesus for my pain

https://www.youtube.com/watch?v=bVJfUZ_oYJI


bottom of page