top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Toe Job en ek nog kinders was


Jon Clark is worship leader by ons kerk. Hy is ‘n wonderlik begaafde musikant en die passie waarmee hy elke melodie ‘n oomblik van konneksie maak met ons Lewende God, maak ‘n mens sommer lus om heeldag in die poorte jou halleluja’s te staan en sing!


Ons was nog nie lank by die nuwe gemeente nie, toe ontmoet ons sy ma, Tannie Sue. En nes ‘n ma, hoor ons ‘n ma se kant van Jon en dit is alles goed.

Soos dit moet wees.


‘n Paar weke later nooi Jon en sy vrou, Vicky, ons na hulle huis toe saam met ander nuwe gemeentelede vir ‘n klein kenmekaar en welkom-in-die-buurt sessie, en ons leer vir Jon eerstehands ken.


Nou kan ons sélf getuig dat al die stories toe waar was, dat ons eerste indrukke van hom beslis water dra, dat Tannie Sue nie oordryf het nie en dat ons graag met hom vriende sal wil wees.


Is jy al gevra om ‘n heildronk in te stel op iemand wat jy eintlik nie regtig goed ken nie?

Of om ‘n getuigskrif te skryf vir iemand waarvan jy dalk net die naam ken, maar niks anders nie?

Of selfs nog erger – om ‘n gedenkdiens te lei van iemand wat jy nooit ontmoet het nie?


Uit Johannes 17:3 en Handelinge 20:24 skryf iemand hierdie een sin neer as die hoekom van so baie van ons vrae hier op aarde:


“To know Christ, and to make Him known.”


Job het so baie vrae gehad.

Die Here antwoord hom nie, maar vra hom eerder: “Kén jy My?”


En Job antwoord:


“I’m convinced: You can do anything and everything.

Nothing and no one can upset your plans.

You asked, ‘Who is this muddying the water,

ignorantly confusing the issue, second-guessing my purposes?’


I admit it. I was the one. I babbled on about things far beyond me,

made small talk about wonders way over my head.

You told me, ‘Listen, and let me do the talking.

Let me ask the questions. You give the answers.’


I admit I once lived by rumours of you;

now I have it all firsthand—from my own eyes and ears!

I’m sorry—forgive me. I’ll never do that again, I promise!

I’ll never again live on crusts of hearsay, crumbs of rumour.”

Job 42:1 The Message


Job leer eers wie God werklik is, toe hy vir ‘n oomblik stilbly en luister.

Nie na verhale oor God nie,

maar na God self.


Toe Job en ek nog kinders was, was ons baie slim en luister maar min.

Toe word ons ouer en leer dat ‘n mens baie meer leer wanneer jou mond toe is.


To know Christ, kom eerste.

To make Him known, volg.


Ek is so jammer as jy ooit die verkeerde indrukke van Jesus gekry het.

Ek is so jammer as dit my skuld was.



Jou inspirasie vir die week: All because of You



Comments


bottom of page