“We may pass many days in which
no striking or impressive mercy is bestowed upon us;
but we pass no single hour, we spend no fleeting minute,
in which some kindnesses do not come from His beautiful hand.”
W. Clarkson
Vandag besef ek – daar is nie iets soos ‘small mercies’ nie. Want selfs die gebruik van ‘n ringvinger raak ‘n wonderlike genade wanneer mens eers besef hoe sleg dit is om daarsonder klaar te kom.
Net so moet die Here eers ‘n mens se ma wegvat voordat jy besef dat daar ‘n baie spesifieke spasie vir haar was in jou lewe, in jou verwysingsraamwerk, in jou mensword.
Jou ma was dalk vir jou die steunpilaar van jou hele bestaan,
omdat sy die Here as haar steun gehad het.
Jou ma was dalk nie die slimste of mooiste of coolste ma in die buurt nie,
maar sy was dalk die een met die grootste hart.
Jou ma was dalk nie die mees liefdevolste nie,
maar op haar manier wou sy hê jy moet weet: Jy is geliefd.
Noudat ek self ‘n ma is, besef ek maar net weer: Ma’s doen hulle beste. Maar hoe lyk die “beste”? Dit hang af wie jy vra, dink ek.
Die langlip-tiener wat alweer vasgetrap is oor haar selfoongewoontes, of ma-se-vriendin wat saam oor ‘n koppie tee huil…?
Díé kant en dááí kant van die gordyn lyk nie noodwendig dieselfde nie.
En net so, dink ek, hang dit af wie jy vra waar God dan is in hierdie hele gedoente?
Die selfsugtige, selfgesentreerde een wat onsteld is omdat ‘n gemaksone versteur is, of die een vir wie ‘n nuwe waarheid omtrent God se grootheid oopgegaan het…?
Díé kant en dááí kant van die gordyn lyk nie noodwendig dieselfde nie.
Wanneer ‘n mens nie al die feite het nie, is dit so maklik om te kritiseer. Maar die ding is: Ons HET al die feite. Hoekom maak ons of ons níé het nie?
The Lord WILL show mercy
“The Lord God IS waiting
to show how kind He is
and to have pity on you.
The Lord ALWAYS does right;
He blesses those who trust Him.”
Isaiah 30:18 CEV
As ons dan weet dat die Here ALTYD op die uitkyk is vir ‘n geleentheid om ons genadig te wees, dat Hy ALTYD doen wat reg is en diegene seën wat hulle vertroue in Hom plaas, wat gee my dan die reg om nog agterdogtig te wees en Sy motiewe te bevraagteken?
Waar is die Here in hierdie hele gedoente? So gepas op Moedersdag staan daar in Jesaja 31:5:
“I, the Lord All-Powerful,
will protect Jerusalem
like a mother bird circling
over her nest.”
Nooit ver weg nie. Altyd met een oog op haar kuikens.
Ma’s verdien ook soms die voordeel van die twyfel.
Jou temalied vir die week: Wrapped
Comments