Stelltjie was tog so lief vir proteas, maar toe ek nog ‘n kinners was, het die fasinering by my verby gegaan. Toe is sy weg en al die Ma Stella-goed raak dan mos onbekostigbaar kosbaar.
Sal ek toe mos gaan krap en goed leer van proteas wat ek wonder of sy ooit geweet het.
Die heel mooiste is dat daar ‘n sekere aanval, ‘n sekere tipe aanslag, ‘n spesifieke bangmaakding is wat ‘n protea net mooi niks kan maak nie.
Veldbrande.
Weghol, onnadenkend beginde, vreesaanjaende grootte, rookswart en sielstinkende veldbrande.
Hoe hartseer dat proteas nie hulle wortels kniehoogte kan lig en aardse skuiling gaan soek nie.
Dat hulle nie kan nie skreeu vir hulp of ‘n anti-brand jassie aantrek nie.
Dat daar nog geen suurstofmaskers ontwerp is vir die oorlewing van proteas in veldbrande nie.
Maar het jy geweet dat die intense hitte wat ander veldblomme sommer vinnig-vinnig verteer,
juis ‘n onverwagte kweekhuis word vir veldblom proteas?
Want wanneer die hitte op sy versengendste is, laat dit die protea se sade wyd en syd skiet soos blomme-popcorn oral rondom haar. En wanneer die hitte bedaar en die eerste reën kom, is die protea steeds daar, omring deur dit wat die vuur uit haar na vore gebring het.
Haar lewende getuienis wat groei en hulle eie saadjies sal skiet wanneer die veldbrande weer kom.
Hierdie week was een van eindes en beginne vir baie.
Vir sommige so elementêr soos huis-skuif.
Vir ander so veranderend soos ‘n nuwe werk, ‘n nuwe posisie, ‘n nuwe baas!
En vir ander, so kniebuigend soos ‘n laaste asem.
Eindes en beginne was vir ons Bybelse vriende net so alledaags soos wat dit vir ons ook maar is. Behalwe vir Jesus.
Want ons Here het nie ‘n begin of ‘n einde nie.
Sy laastes en eerstes is bloot gemeet aan die verstaan van die wat rondom Hom was, want van ewigheid tot ewigheid is daar geen hoofstukke in Sy bestaan nie.
Sy Koninklikheid onaantasbaar deur vlamme van verwyt en haatspraak en die verstikkende rook van ander se opinies.
En wanneer Hy midde-in hel-op-aarde was, wys Hy ons wat dit is om saadjies van hoop te skiet, eerder as om te vernietig.
“When they go low,
we go high.”
Michelle Obama
Dis nie politiek nie, dis ‘n Bybelse beginsel.
As die vlamme dreig om jou te verswelg vandag, mag die hoop onkeerbaar uit jou skiet vir laterdae se geniet.
Protea pyle.
“So we’re not giving up. How could we!
Even though on the outside it often looks like things are falling apart on us,
on the inside, where God is making new life, not a day goes by without
His unfolding grace.
These hard times are small potatoes compared to the coming good times,
the lavish celebration prepared for us.
There’s far more here than meets the eye.
The things we see now are here today, gone tomorrow.
But the things we can’t see now will last forever.”
2 Cor 4:16 The Message
Jou inspirasie vir die week: Fires
Comments