top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Wat sal hierdie JA my kos?



“Be sure that your ‘YES’ is worth the less…”

Louis Giglio


Alles het ‘n prys, sou die ou mafia-base in hulle fake Italian twang kwytraak in Hollyhood movies van weleer.


Maar alles hét ‘n prys. ‘n Geleentheidskoste, sou ‘n mens dit kan noem.


As ek nóú hierdie heel eerste paar skoene by die heel eerste winkel koop waar ek instap, mis ek dalk die geleentheid om ‘n mooier, gemakliker paar by ‘n ander winkel te kry.

Geleentheidskoste.


As ek my hygende bors en hoes-en-proes ignoreer en vandag na Afrikaans Is Lekker toe sou gaan, mis ek dalk die geleentheid om my nuwe werk se volgende rondte onderhoude by te woon hierdie week.

Geleentheidskoste.


As vrees vir die toekoms my dryf om my eie kop te volg en goeie raad van Godsvriende te ignoreer en sommer ook daardie stemmetjie in my linkeroor, mis ek dalk die geleentheid om die Here se beste vir my lewe te ontdek.


In Handelinge 27 lees ons dat Paulus as ‘n gevangene op ‘n boot gelaai is Rome toe.

Die see was rof en die kaptein halstarrig en na sommer net 3 dae op see, beland hulle in die moeilikheid.


Paulus probeer mooipraat met die Romeinse offisier aan boord, maar hy wou niks weet nie. So is hulle toe in rowwe water verder van die een vasmeerplek na die ander, niks meer as ‘n kurkprop op ‘n oseaan met sy eie reëls nie.


En dan… Dan stuur die Here ‘n engel om vir Paulus die goeie nuus te bring dat hy en elkeen aan boord van daardie skippie veilig anderkant sal aankom, en dat hy sy dag voor die keiser sou kry, soos hy gevra het. Maar net as almal op die skip sou bly.


Nou moes Paulus bontstaan om die klomp gesoute seemanne so ver te kry om te bly, te midde van die storm. Anders sou hulle dit nie maak nie.

Geleentheidskoste.


As ek kies om die Here te vat op Sy Woord, is daar ook ‘n prys.

Die rit is dalk ongemaklik en rusplek min.

Die proviand is ook dalk min.

Die pad uitgestrek, met min mense wat sal verstaan.


Maar as ek glo dat dit vir my uiteindelik beter sal wees om die pad van die Here te loop as my eie, dan betaal ek dit.

Die geleentheidskoste.


Want my “JA” vir die Here is altyd gelaai met die potensiaal om uitermate, onverwags en in oormaat verassend geseën te word!


“With dawn about to break, Paul called everyone together

and proposed breakfast: “This is the fourteenth day we’ve gone without food.

None of us has felt like eating! But I urge you to eat something now.

You’ll need strength for the rescue ahead.

You’re going to come out of this without even a scratch!”

Acts 27:33 The Message



Jou inspirasie vir die week: King of the world


Comments


bottom of page